Wikipedia:Geskilbeslegting: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
k
 
== Stap 2: Skep afstand tussen u en die probleem ==
'n Eenvoudige oplossing vir enige argument is bloot om die argument te '''beëindig''': u kan dit doen deur die betrokke artikel/gesprek tydelik te verlaat. SsodoendeSodoende kry die betrokke partye kans om te kalmeer en na te dink voor hulle weer aan die gesprek deelneem. U kan ook 'n onpartydige, neutrale bydraer vra om sy mening te lug: dit is veral behulpsaam wanneer u verskil van 'n nuweling, wat miskien nie vertroud is met die beleid en kultuur van die Afrikaanse Wikipedia nie. Intussen kan u op ander artikels konsentreer waar u wel 'n opbouende bydrae kan lewer. U kan egter gerus enige vrae wat op u besprekingsblad gestel word, beantwoord, maar wanneer dit oor die inhoud van 'n spesifieke artikel handel, kan u voorstel dat die bespreking op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas word. Sodoende is alle tersaaklike inligting rakende die artikel, altyd op een plek.
 
Bedink en beskou dinge op die lang termyn. Moontlik sal u naderhand na die artikel terugkeer met 'n vars perspektief aangaande die oorspronklike geskil. Moontlik het die probleme hulself (of met hulp) intussen opgelos en die gebruiker van wie u verskil het, het na 'n ander artikel aanbeweeg. Die artikel sal bly ontwikkel en u kan wel ander bydraers teëkom wat ook hul eie menings het, indien die vraagstuk weer te voorskyn kom.
28 939

wysigings

Navigasie-keuseskerm