Verskil tussen weergawes van "Kuruman"

Jump to navigation Jump to search
1 648 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
k
k (→‎Geskiedenis: Uitgebrei)
Die eerste blanke, wat hom omstreeks 1800 in die gebied gevestig het, was die sendeling Johan Kok van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap. Hy is agt jaar later deur Tswanas in die Kurumanheuwels vermoor sodat die poging om 'n permanente sendingstasie te vestig voorlopig gestaak is.
 
Sestien jaar later het die bekende Skots-gebore sendeling Robert Moffat en sy vrou hulle in die gebied gevestig. Moffat was 'n baie ywerige man wat die Bybel vir die eerste keer in 'n Swart taal, Tswana, vertaal en op 'n handpers gedruk het en sodoende van Kuruman die baken van sendingwerk in Suid-Afrika gemaak het. Met sy besproeiingswerke het hy ook die grondslag vir die plaaslike landboubedryf gelê. In die kerk, wat hy in 1838 opgerig het, het 'n ander bekende sendeling, David Livingstone, met Moffat se dogter Mary getrou. Die kerk is in 1938 gerestoureer en tot nasionale monument verklaar. Livingstone het die meeste van sy beroemde ontdekkingsreise van Kuruman af begin.<ref>Claassen (1987), bl. 14</ref>
 
Die Londense Sendinggenootskap het in 1876 die Moffat-instituut vir die opleiding van Swart evangeliste in die lewe geroep. Vyf kilometer van hierdie instituut het die dorp Kuruman in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom.
 
In 1844 het die reisiger Henry Methuen melding gemaak van die Wonderwerk-grot sowat veertig kilometer buite Kuruman. Hierdie groot dolomitiese kalksteengrot strek vir 140 meter horisontaal in die voet van die Kurumanheuwels se oosterste flank in. Sy bekendste kenmerk is 'n stalagmiet-"standbeeld" vlak by die ingang wat 'n hoogte van meer as vyf meter bereik.<ref>Classen (1987), bl. 17</ref>
 
Rotstekeninge, wat in die Wonderwerk-grot ontdek is, beeld diere en raaiselagtige onderwerpe in rooi, geel, swart en wit uit en kom oral op die grot se wande tot 'n diepte van sowat veertig meter voor. Hulle is ongelukkig al sedert die vroeë 20ste eeu erg beskadig deur graffiti.
 
Die eerste eienaar van 'n plaas in die omgewing, ene N. J. Bosman, het tussen 1909 en 1911 in die Wonderwerk-grot gewoon waar ook een van sy dogters gebore is. Vanaf die veertigerjare is argeologiese opgrawings in die grot gedoen, tog is waardevolle skatte al tussen 1940 en 1944 vernietig toe vlermuis-guano in die grot versamel is.<ref>Claassen (1987), bl. 17</ref>
 
Sedert 1978 is meer belangrike opgrawings deur navorsers van die McGregor-museum in [[Kimberley]] gedoen wat bewyse van vorige bewoning opgelewer het. Beduidende argeologiese getuienisse sluit klipwerktuie en stukkies dierbeendere in wat sowat 300&nbsp;000 jaar oud is. Klipbrokke, waarop gravures aangebring is, is in vlakke met 'n ouderdom van tussen 2&nbsp;000 en 12&nbsp;000 jaar ontdek en bewys dat rotsskildering in Suid-Afrika al minstens 10&nbsp;000 jaar gelede beoefen is.<ref>Claassen (1978), bl. 17</ref>
 
In 1987 het Kuruman sy honderdste bestaansjaar gevier.
 
In
 
==Klimaat==

Navigasie-keuseskerm