Spreewald
Historiese kultuurlandskap en
Unesco-biosfeerreservaat
Ligging
Brandenburg, Duitsland
Oppervlakte
500 km²
waarvan biosfeerreservaat: 488 km²
Tale
Duits, Neder-Sorbies
Die Spreewald (Neder-Sorbies: Błóta, "Moerasland") is 'n uitgestrekte laagland en historiese kultuurlandskap in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg, geleë in die administratiewe distrikte Dahme-Spreewald en Oberspreewald-Lausitz, sowat 100 kilometer suidoos van Berlyn. Die Spreewald vorm die noordelikste deel van Neder-Lausitz met Cottbus as die politieke en kulturele sentrum. Sy hoofkenmerk is die natuurlike vertakkings van die Spreerivier wat deur kunsmatige kanale aansienlik uitgebrei is. Die rivier- en moeraslandskap word sedert 1991 as Unesco-biosfeerreservaat beskerm.
Dit was veral die Sorbe, 'n Wes-Slawiese volk, wat hul stempel op die kultuurlandskap Spreewald afgedruk het. Die gebied het lankal tot een van die bekendste en gewildste toeristebestemmings in Brandenburg ontwikkel.
Soortgelyke landskappe in Europa
[wysig | wysig bron]- Marais Poitevin in die Franse geweste Nieu-Akwitanië en Pays de la Loire
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spreewald.