Cottbus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Cottbus
Chóśebuz
Cottbus 07-2017 img23 Altmarkt.jpg

Kaart Wapen
Cottbus-Position.png
Wappen Cottbus.svg
Vlag
Flagge der Stadt Cottbus.png
 Land Flag of Germany.svg Duitsland
 Deelstaat Flag of Brandenburg.svg Brandenburg
 Koördinate 51°46′N 14°20′O / 51.767°N 14.333°O / 51.767; 14.333
 Stigting (eerste verwysing) 30 November 1156
 Stadstatus Tussen 1216 en 1225
 Oppervlakte:  
 - Totaal 165,15 vk km
 Hoogte bo seevlak 75 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2018) 100 219[1]
 - Bevolkingsdigtheid 607/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat[2]
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -0,8 / 18,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 565 mm
 Burgemeester Holger Kelch (CDU)
 Amptelike Webwerf cottbus.de
Tweetalige padteken in Cottbus
Nadat bruinkool-oopgroefmynbou oos van Cottbus gestaak is, ontstaan hier die grootste kunsmatige meer in Duitsland, die Cottbusser Ostsee, met 'n oppervlakte van 1900 hektaar, en 'n jaghawe
Kunstmuseum Dieselkraftwerk Cottbus. Die vroeëre dieselkragsentrale, wat in 1928 in bedryf gestel is, is - net soos tientalle ander kragsentrales in Berlyn en Brandenburg - deur die argitek Werner Issel (1884–1974) ontwerp. Nadat dit in 1959 buite bedryf gestel is, dien dit sedert 2008 as die deelstaat Brandenburg se enigste museum vir eietydse kuns

Cottbus (Neder-Sorbies: Chóśebuz [ˈxɨɕɛbus] Chöshebuss) is die tweede grootste stad in die Duitse deelstaat Brandenburg ná die hoofstad Potsdam. Langs Potsdam, Brandenburg an der Havel en Frankfurt (Oder) is Cottbus een van die vier plaaslike sentrums van die deelstaat Brandenburg en het die status van 'n selfregerende stad. Alhoewel net 'n klein minderheid van Cottbus se bevolking Sorbiessprekendes is, word Cottbus as die politieke en kulturele sentrum van die Sorbe in die Neder-Lausitzstreek beskou. Dit is ook die grootste amptelik tweetalige stad in die Bondsrepubliek Duitsland.

Met sy industrialisering en die begin van die bruinkoolmynbou in die 19de eeu het Cottbus tot 'n beduidende nywerheidstad gegroei. Vandag is die stad aan die rand van die Spreewald-bosgebied ook 'n belangrike kulturele en opvoedkundige sentrum met 'n universiteit, 'n staatsteater en uitgestrekte parke.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Vlag vann Brandenburg Selfregerende stede en distrikte van Brandenburg Wapen van Brandenburg
Selfregerende stedeBrandenburg an der HavelCottbusFrankfurt (Oder)Potsdam
DistrikteBarnimDahme-SpreewaldElbe-ElsterHavellandMärkisch-OderlandOberhavelOberspreewald-LausitzOder-SpreeOstprignitz-RuppinPotsdam-MittelmarkPrignitzSpree-NeißeTeltow-FlämingUckermark