Stacks blokketting
Stacks, voorheen Blockstack, is 'n blokkettingplatform vir slim kontrakte, gedesentraliseerde finansies ("DeFi"), nieverwisselbare items (NVI's) en gedesentraliseerde toepassings ("DApps"). Stacks blokketting is 'n laag vir bitcoin soortgelyk aan die Lightning Network . [1]
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Kommer oor internetprivaatheid, sekuriteit en data-lekasies het die aandag op die Stacks-projek gebring. Sagteware-ontwikkelaars het die Stacks-sagteware gebruik om gedesentraliseerde alternatiewe vir gewilde dienste te bou. Stacks (STX) eenheid is die interne kripto-geldeenheid van die Stacks blokketting, wat gebruik word as gasfooi vir die uitvoering van slim kontrakte en verwerking van transaksies. [2]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Stacks-projek is aanvanklik begin deur Muneeb Ali en Ryan Shea as Blockstack. [3] STX was die eerste SEC- gekwalifiseerde eenheid-aanbieding in 2019. [4] [5] Blockstack PBC, 'n maatskappy wat aan die Stacks-tegnologie werk, het ongeveer $75 miljoen ingesamel deur 'n mengsel van waagkapitaal en eenheid verkope. [3] Die hoof Stacks-blokketting was in Januarie 2021 geloods.
Toepassings
[wysig | wysig bron]CityCoins
[wysig | wysig bron]Die CityCoins-projek het in 2021 verwisselbare items vir die Miami en New York City stede bekendgestel. Miami se stadskommissarisse het in September 2021 gestem om die protokol tesourie, ter waarde van $21 miljoen destyds, te aanvaar. MiamiCoin se waarde het neergestort, en daarom het Stacks $5,25 miljoen aan die stad Miami geskenk. [6]
Vanaf Maart 2023 het Bloomberg berig dat CityCoin 'n "stil ondergang" in die gesig staar, aangesien likiditeitskwessies en 'n gebrek aan belangstelling veroorsaak het dat beide die New York City en Miami-munte van die OkCoin kripto-geldeenheid-verruiler gedenoteer is. [7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Blockstack anchors to Bitcoin network with new mining algorithm". ZDNet.
- ↑
{{cite news}}
: Leë aanhaling (hulp) - ↑ 3,0 3,1 "Blockstack raises $52 million to build a parallel internet where you own all your data". VentureBeat (in Engels (VSA)). 4 Desember 2017. Besoek op 22 Junie 2021.
- ↑ SEC. "PART II — INFORMATION REQUIRED IN OFFERING CIRCULAR". www.sec.gov. Besoek op 22 Junie 2021.
- ↑
{{cite news}}
: Leë aanhaling (hulp) - ↑ Benavides, Cristian (3 Februarie 2022). "Miami Announces It Cashed Out Some MiamiCoin as Crypto Markets Are Down". NBC 6 South Florida (in Engels (VSA)). Besoek op 13 April 2022.
- ↑
{{cite news}}
: Leë aanhaling (hulp)