Steve Ballmer
Steven Anthony Ballmer (24 Maart 1956)[1] is 'n Amerikaanse sakeman en belegger wat as die hoof- uitvoerende beampte van Microsoft gedien het vanaf 2000 tot 2014.[1] In November 2021 skat Bloomberg Billionaires Index sy persoonlike rykdom op VS$121 miljard.[2]
Ballmer is in 1980 deur Bill Gates by Microsoft aangestel, en het daarna sy klasgee in die MBA-program by Stanford Universiteit gestaak. Hy het uiteindelik president geword in 1998, en Gates as HUB vervang op 13 Januarie 2000.[3] Op 4 Februarie 2014 het Ballmer afgetree as HUB en is vervang deur Satya Nadella; Ballmer het op Microsoft se direksie bly dien tot 19 Augustus 2014, toe hy vertrek het om voor te berei vir die onderrig van 'n nuwe MBA-klas.[4][5]
Sy ampstermyn en nalatenskap as Microsoft se uitvoerende hoof het gemengde ontvangs gekry, met die maatskappy wat verkope verdriedubbel en winste verdubbel het, maar sy markoorheersing verloor en 21ste-eeuse tegnologieneigings soos die opkoms van slimfone in die vorm van iPhone en Android misgeloop het.[6][7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Steve Ballmer Fast Facts". CNN. 11 Maart 2015. Besoek op 28 Januarie 2016.
- ↑ "Bloomberg Billionaires Index: Steve Ballmer". Bloomberg L.P. Besoek op 4 November 2021.
- ↑ "Steve Ballmer: Chief Executive Officer". Microsoft. 1 Maart 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2008.
- ↑ "Microsoft CEO Steve Ballmer to retire within 12 months". Microsoft. 23 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2013.
- ↑ "Microsoft Board names Satya Nadella as CEO". Microsoft. 4 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2014.
- ↑ "Why Tim Cook is Steve Ballmer". 26 Oktober 2016.
- ↑ Eichenwald, Kurt. "How Microsoft Lost Its Mojo: Steve Ballmer and Corporate America's Most Spectacular Decline". The Hive.