Supermarine Swift
Supermarine Swift | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Supermarine Aviation Works |
Nooiensvlug | 5 Augustus 1951 |
Bekendstelling | 1954 |
Onttrek | 1967 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 197 |
Ontwikkel van | Supermarine Attacker |
Die Supermarine Swift is 'n enkelsitplek-straalaangedrewe vegvliegtuig wat gebruik was deur die Britse Lugmag. Die Swift was ontwikkel na navraag van die Britse Lugvaartowerheid om die Gloster Meteor te vervang. Die Swift is 'n ontwikkeling van die Supermarine Attacker, maar is in wese 'n nuwe ontwerp. Dit het 'n driewiel onderstel, swiepvlerke en 'n Rolls-Royce Avon-motor. Die eerste model is as F.Mk 1 genommer. 'n Paar van die vliegtuie was aan 56 Eskader beskikbaar gestel om die swiepvlerke te toets.
Daar is egter voortdurend probleme met die vliegtuig ondervind teen hoë snelhede- en hoogtes, veral die beweegbaarheid en beheer. Model FR. mK 5 is die eerste model wat in diens gestel is by 2 en 79 Eskaders van die Britse Lugmag in Duitsland vanaf 1955 tot 1961. Hierdie model was 'n effektiewe vegvliegtuig en verkenningsvliegtuig.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Rolls-Royce Avon RA7 turbostraal. |
Kraglewering per motor | 3 406 stukrag |
Vlerkspan | 9,85 m |
Lengte | 12,64 m |
Hoogte | 3,8 m |
Vlerkoppervlakte | 28,43 m2 |
Maks. opstygmassa | 7 721 kg |
Maks. snelheid | 1 110 km/h |
Operasionele hoogte | 13 725 m |
Togafstand | 1 175 km |
Klimvermoë | 3 752 m per minuut |
Bewapening | Twee 30.0 mm kanonne. |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9