Telč
Kaart van Jihlava-distrik | Wapen |
Vlag | |
Land | Tsjeggië |
Streek | Kraj Vysočina |
Koördinate | 49°11′4″N 15°28′11″O / 49.18444°N 15.46972°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1207 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 24,86 vk km |
Hoogte bo seevlak | 514 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 5 410 |
- Bevolkingsdigtheid | 217,6/km² |
Tydsone | UTC +01:00 |
Burgemeester | Roman Fabeš |
Amptelike Webwerf | www.telc.eu/ |
Telč (Duits: Teltsch, Tsjeggiese en Duitse uitspraak: [tɛltʃ]) is 'n Suidwes-Morawiese stad in Tsjeggië wat administratief onder die streek Vysočina en die distrik Jihlava (Duits: Iglau) val.
Telč het sy oorsprong in 'n 13de eeuse koninklike waterkasteel wat by 'n kruispunt van besige handelsroetes tussen Boheme, Morawië en Oostenryk ontstaan het. Die stad was tussen 1339 en 1604 in besit van die magtige here van Neuhaus (ook Here van Hradec genoem).[1]
Die belangrikste besienswaardigheid in Telč is - naas die 17de eeuse Renaissance-kasteel met 'n tuin in die Engelse styl - die langgestrekte markplein, 'n unieke kompleks met goed bewaarde Renaissance- en Barokgeboue met kenmerkende hoë gewels en arkades, wat sedert 1992 as Unesco-wêrelderfenis gelys word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Friedrich Prinz (red.): Deutsche Geschichte im Osten Europas − Böhmen und Mähren. Berlin: Siedler 2002, bl. 182
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Telč.
- (cz) (de) (en) Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy