The Gateway Pundit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

The Gateway Pundit is 'n Amerikaanse konserwatiewe nuus- en opinie-webwerf.

Dit was in 2004 gestig na die Verenigde State Presidensiële Verkiesing van 2004 om, volgens sy stigter, Jim Hoft, die "waarheid te spreek" en "om die boosheid van die linkses te ontbloot".[1]

Die webwerf het in 2016 prominensie bereik met sy gunstige dekking van die toe-presidensiële kandidaat Donald Trump se presidensiële veldtog, en pers-bewyse is later daaraan toegestaan in President Trump se Withuis.[2]

The Gateway Pundit het van 'n eenmansaak uitgebrei na 'n multi-werknemer operasie wat grotendeels ondersteun word deur advertensie-inkomste.[3] Gedurende die 2016 VSA Presidensiële verkiesingsveldtog het die webwerf oor 'n miljoen unieke besoekers per dag ontvang.[4]

The Gateway Pundit word dikwels verbind met of verwys na deur die Fox News kanaal kommentator Sean Hannity, sowel as die Drudge Report, Sarah Palin, en ander bekende konserwatiewe mense en mediahuise.[5]

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Jim Hoft, conservative blogger, comes out as gay after Orlando terror attack". The Washington Times. Archived from the original on 2017-05-02. Retrieved 2017-05-02.
  2. Michael M. Grynbaum (13 Februarie 2017), White House Grants Press Credentials to a Pro-Trump Blog, The New York Times, geargiveer van die oorspronklike op 14 Februarie 2017, opgespoor op 14 Februarie 2017
  3. "Advertisers are in the hot seat as activists both for and against Trump call for boycotts". latimes.com. Opgespoor 2018-03-17."'Real News' Joins the White House Briefing Room". POLITICO Magazine. Geargiveer van die oorspronklike op 2017-02-20. Opgespoor op 2017-02-23.
  4. "Is Trump Trolling the White House Press Corps?". The New Yorker. Geargiveer van die oorspronklike op 2017-05-04. Opgespoor op 2017-05-02.
  5. Michael M. Grynbaum (13 Februarie 2017), White House Grants Press Credentials to a Pro-Trump Blog, The New York Times, geargiveer van die oorspronklike op 14 Februarie 2017, opgespoor op 14 Februarie 2017