The Shard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

The Shard from the Sky Garden 2015.jpg

Shard London Bridge
The Shard


Verdiepings
95 (waarvan 72 as kantoor- of woonruimte gebruik word)


Voltooiing
5 Julie 2012


Argitek
Renzo Piano


Strukturele ingenieurs
WSP Global


Opdraggewer
Sellar-eiendomsgroep vir LBQ Ltd


Straatadres
20 Fenchurch Street
London, SE1


Argitektoniese besonderheid
Konstruksie van bo na benede
Betonkern en fondament het gelyktydig ontstaan
Gebruik van ekstra-wit glas vir fasade

Uitsig oor The Shard en die City of London se wolkekrabbers aan die teenoorliggende noordelike Teemsoewer

The Shard (ook bekend as Shard London Bridge, London Bridge Tower of die Shard of Glass) is 'n wolkekrabber in die Britse hoofstad Londen wat in 2012 as deel van die herontwikkeling van die London Bridge-buurt voltooi is. Die boukoste het sowat £450 miljoen beloop. Die wolkekrabber is tans in besit van die Staat Katar (95 persent) en die Sellar-eiendomsgroep (5 persent).

Die toring het 'n hoogte van 309,6 meter met 72 verdiepings. Dit is die hoogste gebou in die Verenigde Koninkryk, die vierde hoogste gebou in Europa en die 111de hoogste gebou ter wêreld. Dit is daarnaas ook die tweede hoogste vrystaande struktuur in die Verenigde Koninkryk, ná die Emley Moor-uitsaaitoring in West Yorkshire.

The Shard vervang die Southwark Towers, 'n kantoorgebou van 24 verdiepings wat in 1976 opgerig is.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

The Shard is in opdrag van die Londense projekontwikkelaar Irvine Sellar in 2000-2001 deur die Italiaanse argitek Renzo Piano ontwerp, wat internasionaal bekend is vir die ontwerp van die Centre Pompidou in Parys.[1] Die bouwerk is in Maart 2009 begin. Dit is in Julie 2012 amptelik deur die eerste minister van Katar, Sjeik Hamad Bin Jassem Bin Jabor Al Thani, en die Hertog van York geopen.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 51°30′16″N 0°5′11″W / 51.50444°N 0.08639°W / 51.50444; -0.08639