Theodore Freeman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Theodore Freeman
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Theodore Cordy Freeman
Gebore (1930-02-18)18 Februarie 1930
Haverford, Pennsilvanië
Oorlede 31 Oktober 1964 (op 34)
Houston, Texas
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier

Theodore Cordy "Ted" Freeman (* 18 Februarie 1930 – † 31 Oktober 1964; Kaptein, Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy sterf egter in 'n ongeluk met sy T-38 straalvliegtuig en word daarmee die eerste ongeval van Nasa se ruimtevaarderkorps.

Gedurende die oggend van 31 Oktober 1964 vlieg Freeman terug vanaf die McDonnell-Douglas opleidingsfasiliteit in St. Louis, Missouri. Gedurende sy finale aanloop by die Ellington lugmagbasis, Houston, Texas, vlieg 'n gans by die bakboordluginlaat in en veroorsaak dat die enjin onmiddellik faal. Die insident is deur twee persone vanuit die lughawebeheertoring aanskou. Die vliegtuig het onmiddellik op sy romp geland, kort van die basis en het op 'n publieke hoofweg beland. Die vliegtuig het in stukke opgebreek, maar die twee persone het nie gesien dat Freeman uitgeskiet het nie.

Hy was gekeur vir die Ruimtevaardergroep 3-inname.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]