Thomas Andrews (skeepsbouer)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Thomas Andrews, Jr.
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore 7 Februarie 1873
Comber, graafskap Down, Ierland
Oorlede 15 April 1912 (op 39)
RMS Titanic, Atlantiese Oseaan
Nasionaliteit Koninkryk van Groot-Brittanje
Beroep Skeepsbouer
Huweliksmaat Helen Reilly Barbour (1908-1912)
Kind(ers) Elizabeth Law Barbour Andrews (1910-1973)

Thomas Andrews, Jr. (* 7 Februarie 1873; † 15 April 1912) was 'n Ierse sakeman en skeepsbouer; besturende direkteur en hoof van die tekenkantoor van die skeepsbouwerf Harland and Wolff in Belfast, Ierland.

Andrews was die skeepsargitek wat die stoomskip RMS Titanic ontwerp het. Hy was aan boord van dié skip toe dit op sy nooiensvaart op 14 April 1912 'n ysberg getref en gesink het. Andrews was een van 1 507 passasiers en bemanningslede wat in die ramp gesterf het.

Lewe[wysig | wysig bron]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Thomas Andrews is in Ardara House, Comber in die Ierse graafskap Down as die tweede seun van Thomas Andrews (1843–1916), 'n lid van die Geheime Raad van Ierland (Privy Council of Ireland), en Eliza Pirrie (1845–1929) gebore.[1] Twee van sy broers het later belangrike poste in die openbare lewe van Noord-Ierland beklee - John Miller Andrews as eerste minister en Sir James Andrews as hoofregter.

Thomas Andrews het in Ardara House grootgeword en vanaf 1884 tot 1889 by die Royal Belfast Academical Institution skoolgegaan. Daarna het hy op die ouderdom van sestien jaar sy beroepsopleiding by die Harland and Wolff-skeepswerf in Belfast begin waar sy oom, Viscount Pirrie, gedeeltelike eienaar was.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Belfast Shipbuilders. Brosjure, gepubliseer deur die Ulster-Scots Community Network, die Ulster-Scots Agency en die Arts Council of Northern Ireland, sonder jaargetal, bl. 22