Tigrinya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tigrinya
ትግርኛ, tigriññā 
Uitspraak: [tɨɡrɨɲa]
Gepraat in: Vlag van Eritrea Eritrea
Vlag van Ethiopië Ethiopië 
Gebied: Horing van Afrika
Totale sprekers: 7,9 miljoen[1]
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Semities
  Suid-Semities
   Ethiopies-Semities
    Tigrinya 
Skrifstelsel: Tigrinya-alfabet (Ge'ez-skrif
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Eritrea Eritrea
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: ti
ISO 639-2: tir
ISO 639-3: tir
Eritrea se landsnaam in Tigrinya met Ethiopiese skrif
Ligging van die Tigray-streek in Ethiopië, een van nege etniese streke

Tigrinya (ትግርኛ, tigriññā, [tɨɡrɨɲa], ) is 'n Semities taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense in Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Engels die amptelike tale van Eritrea en word in Ethiopië as 'n minderheidstaal erken. Tigrinya word met die Tigrinya-alfabet, 'n variasie van die Ge'ez-skrif, geskrewe. Tigrinya is verwant aan Amharies, die amptelike taal van Ethiopië, en word hoofsaaklik in die hoofstadstreek Asmara gepraat.

In Ethiopië word dié taal Tigray genoem en word as ampstaal van die Tigray-streek in Noord-Ethiopië erken. Tigrinya is nou verwant aan Amharies en Tigre, al drie het uit die antieke taal Ge'ez ontwikkel.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tigrinya