Tipe 212-klas duikboot
Subklas van | attack submarine |
---|---|
Kort naam | Type 212 A |
Voorafgegaan deur | Tipe 206-klas duikboot, Sauro-class submarine |
Land van oorsprong | Duitsland |
Operateur | Italiaanse Vloot, Kriegsmarine, West German Navy |
Ingebruikneming | 2002 |
Die Tipe 212-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriese aangedrewe duikboot van die Duitse Vloot. Die Duitse Regering het ses van die duikbote bestel waarvan die eerste duikboot in 2005 in diens gestel is. Die duikbote is gesamentlik deur die skeepsbouers HDW van Kiel en Thyssen Nordseewerke van Emden gebou. HDW het die boeggedeelte gebou en Thyssen die agterstewe terwyl elke maatskappy om die beurt 'n kans gekry het om die duikboot aanmekaar te sit.
Die eerste duikboot in die klas, U-31, het in April met sy seetoetse begin en is in 2005 in diens gestel, met die res vanaf 2006 tot 2013.
'n Verdere vier duikbote is saam met die Italiaanse skeepsbouers, Fincantieri ontwikkel en gebou wat as klas 212A bekend staan. Tipe 212A is toegerus met 'n geintegreerde bevel- en wapenbeheerstelsel wat deur Kongsberg Defence and Aerospace van Noorweë vervaardig word. Die stelsel integreer die wapens via koppelvlakke met sensors, die wapens en navigasiestelsels. Die teenmaatreëlstelsel vir tipe 212A word vervaardig deur EADS Systems & Defence Electronics and Thales Defence Ltd. Dit sluit die ontwikkeling van die TAU 2000 torpedostelsel in.
Die aandrywingstelsel kombineer 'n konvensionele stelsel wat bestaan uit 'n dieselgenerator met 'n loodsuurbattery en lug-onafhanklike aandrywing (LOA). Met die LOA-stelsel kan die duikboot teen 'n stadige spoed tot weke onder die water bly.
Duikbote gebou in die klas
[wysig | wysig bron]Wimpelnommer | Naam | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel |
---|---|---|---|---|
Duitse Vloot | ||||
S181 | U-31 | 1 Julie 1998 | 20 Maart 2002 | 19 Oktober 2005 |
S182 | U-32 | 11 Julie 2000 | 4 Desember 2003 | 19 Oktober 2005 |
S183 | U-33 | 30 April 2001 | September 2004 | 13 Junie 2006 |
S184 | U-34 | Desember 2001 | Julie 2006 | 3 Mei 2007 |
S185 | U-35 | 21 Augustus 2007 | 15 November 2011 | 23 Maart 2015 |
S186 | U-36 | 19 Augustus 2008 | 6 Februarie 2013 | 10 Oktober 2016 |
S187 | U-37 | (beplande) | ||
S188 | U-38 | (beplande) | ||
Italiaanse Vloot | ||||
S 526 | Salvatore Todaro | 3 Julie 1999 | 6 November 2003 | 29 Maart 2006 |
S 527 | Scirè | 27 Mei 2000 | 18 Desember 2004 | 19 Februarie 2007 |
S 528 | Pietro Venuti | 9 Desember 2009 | 9 Oktober 2014 | 6 Julie 2016 |
S 529 | Romeo Romei | 2012 | 4 Julie 2015 | 11 Mei 2017[1] |
Financed in 2018 MoD Balance | ||||
Financed in 2018 MoD Balance |
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 1 500 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 1 797 metrieke ton |
Lengte | 57,0 m |
Breedte | 7,0 m |
Aandrywing | 2 x MTU 16V 396 diesel generators Permasyn elektriese motor, 600 - 900V battery; 3 164 kW |
Spoed (oppervlak) | 12,0 knope |
Spoed (onderwater) | 20,0 knope |
Bemanning | 32 persone |
Wapens | 6 x 533 mm torpedobuise 24 x stn Atlas Electronik DM2A4 torpedo's |
Bron
[wysig | wysig bron]- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Fincantieri (11 Mei 2017). "Fincantieri delivers The submarine "Romeo Romei"". Persberig. https://www.fincantieri.com/en/media/press-releases/2017/fincantieri-delivers-the-submarine-romeo-romei. Besoek op 11 Mei 2017.