Tipe XXI-duikboot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Tipe XXI-duikboot was 'n klas duikboot wat die Duitse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwerp en gebruik het. Hierdie tipe duikboot is teen die einde van die oorlog ontwikkel om die Geallieerdes se oorheersing in die Slag om die Atlantiese Oseaan tot 'n einde te bring. Die voordele van die klas was dat dit dieper kon duik, die romp was meer vaartbelyn, dit was toegerus met 'n snorkel, die battery se kapsiteit was aansienlik groter wat die duikboot hoër spoed onder die water en beter uithouvermoë gegee het.

Dit is egter te laat in produksie gestel om 'n verskil te kon maak.

Die USS Nautilus, die eerste kernaangedrewe duikboot, se ontwerp is gebaseer op dié van die Tipe XXI-klas.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die tipe XXI-duikboot:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 1 595 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 1 789 metrieke ton
Lengte 76,50 m
Breedte 8,0 m
Aandrywing (oppervlak) 2 982 kW diesel
Aandrywing (onderwater) 3 281,1 kW elektries
Spoed (oppervlak) 15,6 knope
Spoed (onderwater) 17,5 knope
Bemanning 60 persone
Wapens 6 x 533 mm-torpedobuise

23 torpedo's of 12 seemyne
Geen kanon op dek

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2