Toni Stuart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Toni Stuart
Gebore 21 Januarie 1983 (1983-01-21) (36 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Alma mater Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie
Beroep Skrywer, digter, akteur

Toni Stuart (gebore op 21 Januarie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en digter. Sy is bekend vir haar digkuns, skryfstukke en optredes.[1][2] Sy poog om ander aan te moedig om hul eie stem te vind deur kreatiewe werkswinkels aan te bied wat hulle inspireer.[3][4]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Stuart het gedigte begin skryf op 15-jarige ouderdom. Sy het grootgeword in Athlone, 'n voorstad van Kaapstad. Selfs van 'n jong ouderdom af, het haar werk belangstelling getoon in die probleme rondom sosiale ongelykheid. Nadat sy hoërskool klaargemaak het, het sy Joernalistiek studeer by CPUT vanaf 2001 tot 2003.[5]

In 2002 was sy gekies as een van 'n klompie mense om deel te neem in die Afrika/Europese Verhoudingsuitruilprogram met Fonty's Hogescholen Joernalistiek in Tilburg, The Netherlands.[6] Aanvanklik het Toni as 'n joernalis gewerk and as ontwikkelaar van die jeug in die nie-regeringsorganisasie sector.[7] Sy volg tans haar passie vir digkuns voltyds.[8]

Invloede[wysig | wysig bron]

Toni Stuart word geïnspireer deur digters soos Janet E. Aalfs, Audre Lorde, Anis Mojgani, Jacob Sam-La Rose, Gabeba Baderoon, Antjie Krog, Lemn Sissay, Kelwyn Sole, Rustum Kozain, D'bi Young, Diana Ferrus, en Mary Oliver. Sy verg musikale aanmoediging van musikante soos John Mayer, Miles Davis, Kyle Shepherd, Arvo Pärt, Jenni Thompson, Gregory Porter, Damien Rice, en Rachmaninov. Verdere inpsirasie put sy van visuele kunstenaars soos Burning Museum, Ernestine White, Firdous Hendricks, Anthony Gormley, en Shantell Martin. Haar vroulike rolmodelle is Malika Ndlovu, Tina Schouw, en Shelley Barry.

Mylpale[wysig | wysig bron]

Toni Stuart word ook geken as 'n werkswinkel fassiliteerder.[9] Sy het al gewerk met 'n aantal skole, NGOs en die Institute for Justice and Reconciliation.[10][11][12]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 200 YOUNG SOUTH AFRICANS”. URL besoek op 5 September 2014.
  2. Common Wealth Poets United”. 2013. URL besoek op 5 September 2014.
  3. Andrew Arnott (26 June 2013). “McGregor Poetry Festival”. URL besoek op 5 September 2014.
  4. The Forge Kalkbay”. 10 November 2012. URL besoek op 5 September 2014.
  5. Art Week”. 23 November 2013. URL besoek op 18 September 2014.
  6. Brown Girl Love”. 29 May 2011. URL besoek op 18 September 2014.
  7. I am Somebody!”. July 2014. URL besoek op 18 September 2014.
  8. The Morning Cruise”. 26 June 2012. URL besoek op 18 September 2014.
  9. Toni Stuart's The Silence that Words Come From”. Poetry Potion. 4 March 2014. URL besoek op 18 September 2014.
  10. Connect ZA”. URL besoek op 18 September 2014.
  11. SASArtists”. URL besoek op 18 September 2014.
  12. Our Team”. URL besoek op 18 September 2014.