USS Albacore (AGSS-569)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Te waterlating by die Portsmouth Vloot Skeepswerf, Augustus 1953

Die USS Albacore was 'n konvensionele diesel aangedrewe eksperimentele duikboot van die Amerikaanse Vloot waarmee pioneerwerk gedoen is met die traandruppel ontwerp. Die eksperimentering het aangeleiding gegee tot die Skipjack-klas duikbote.

Hierdie rewolusionêre ontwerp was geskoei op intensiewe hidrodinamiese en windtonnel toetse met die klem op onderwater spoed en beweegbaarheid. Hierdie was die derde skip van die Amerikaanse Vloot wat die naam Albacore gekry het.

Sy kiel was gelê op 15 Maart 1952 by die Portsmouth Vlootskeepswerf, Maine en te water gelaat op 1 Augustus 1953.

Toets fases[wysig | wysig bron]

Die duikboot se in-diens tydperk was een lang eksperiment en kan verdeel word in vier fases:

  • Fase I (1953–55)
    • Hidrovlerke aan die boeg, enkel skroef, beheer oppervlaktes agter die skroef, dorsale roer
  • Fase II (1956–59)
    • Geen boeg hidrovlerke, beheer oppervlaktes voor die skroef
  • Fase III (1960–66)
    • X-agterstewe, nood luginlaat stelsel, snelheid remme, dorsale roer (heraktiveer)
  • Fase IV (1967–72)
    • X-agterstewe, kontra roterende skroewe, silwer sinkbattery, "gladde water" (Projek SURPASS)