Portsmouth

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Portsmouth
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Official Vlag van Portsmouth
Vlag
Bynaam: Pompey
Slagspreuk: Heaven's Light Our Guide
Ligging van Portsmouth op 'n kaart (Engeland)
Portsmouth
Portsmouth
Koördinate: 50°49′00″N 1°5′00″W / 50.81667°N 1.08333°W / 50.81667; -1.08333Koördinate: 50°49′00″N 1°5′00″W / 50.81667°N 1.08333°W / 50.81667; -1.08333
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Vlag van Engeland Engeland
Graafskap Hampshire
Oppervlak
 - Stad 15,5 vk m (40,25 km²)
Hoogte 39 vt (12 m)
Bevolking (2012)
 - Stad 206 836
 - Digtheid 13 309,9/myl2 (5 139/km²)
 - Stedelik 855 569
 - Metropolitaans 1 547 000
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Skakelkode(s) 023
Webwerf: www.portsmouth.gov.uk

Portsmouth (uitgespreek /ˈpɔːtsməθ/) is die tweede grootste stad (naas Southampton) in die seremoniële graafskap Hampshire aan die suidkus van Engeland. Soos Southampton, is Portmouth om administratiewe doeleindes 'n unitêre gesag (unitary authority). Portsmouth is uniek weens die feit dat dit die Verenigde Koninkryk se enigste eilandstad is, dit is hoofsaaklik op Portsea-eiland geleë.[1] Dit lê 103 km (64 myl) suidwes van Londen en 31 km (19 myl) suidoos van Southampton.

Bevolkingsdigtheid[wysig | wysig bron]

Die Stad van Portsmouth het 'n bevolking van 209 166 en is die enigste stad in Engeland met 'n groter bevolkingsdigtheid (5 145/ km2) as Londen (4 984/km2). Portsmouth vorm deel van die Suid-Hampshire beboude gebied, wat Southampton, Havant, Eastleigh, Fareham en Gosport insluit; dit is die 6de grootste stedelike gebied in Engeland en die grootste in Hampshire, met 'n geskatte 860,000 inwoners volgens die 2011-sensus.[2] Hierdie gebied vorm die middelpunt van een van die Verenigde Koninkryk se digbevolkste stedelike gebiede met 'n bevolking van meer as 'n miljoen.[3]

Vloothawe[wysig | wysig bron]

Portsmouth is reeds vir eeue lank 'n belangrike vloothawe en beskik oor die wêreld se oudste droogdok wat steeds in gebruik is. Dit was die tuishawe van 'n paar bekende outydse skepe, insluitend die HMS Warrior, die Tudorkarrak Mary Rose en Lord Nelson se vlagskip, HMS Victory. Hoewel die vlootbasis nou kleiner is as in sy fleur, is dit steeds 'n groot skeepswerf en basis vir die Britse Vloot en huisves die Royal Marine-kommando se hoofkantoor. Dit dien ook as 'n vooruitstrewende kommersiële skeeps- en veerboothawe vir bestemmings op die vasteland se vrag- en passasiersverkeer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Fox, Kieran (13 May 2008). "England | Hampshire | Pompey buck unfashionable trend". BBC News. Verkry op 7 May 2009. 
  2. "2011-sensus - Beboude gebiede". Office for National Statistics. Verkry op 20 Julie 2014. 
  3. "British urban pattern: population data" (PDF). ESPON project 1.4.3 Study on Urban Functions. European Union – European Spatial Planning Observation Network. Maart 2007. pp. 120–121. Verkry op 14 Mei 2011.