Wapenwedloop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Interkontinentale missiel.

'n Wapenwedloop is 'n kompetisie tussen twee of meer mededingende partye om die beste gewapende magte te hê. Elke party kompeteer om groter getalle wapens, groter weermagte, of beter militêre tegnologie te produseer. 'n Wapenwedloop tussen state geskied gewoonlik in vredestyd.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Rusland en Frankryk versus Brittanje[wysig | wysig bron]

Die eerste wapenwedloop in moderne tyd het in die laat negentiende eeu afgespeel waar Rusland en Frankryk vir Brittanje uitgedaag het in die konteks van spanning wat as gevolg van Brittanje se koloniale uitbreiding ontstaan het. Rusland en Frankryk het beide hul vlote begin uitbrei en verbeter. Die Britte het gereageer met vasberadenheid om die meesters van die see te bly. Die uiteindelike gevolg was nie oorlog nie, maar eerder 'n Anglo-Franse politieke skikking in 1904 en die Anglo-Russiese Konvensie van 1907.[1]

Koue Oorlog[wysig | wysig bron]

Die opbou van wapens was ook 'n kenmerk van die Koue Oorlog tussen die VSA en die Sowjet-Unie, alhoewel die ontwikkeling van kernwapens hierdie wedloop verander het en totaal laat verskil het van die tradisionele wapenwedloop.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. en.wikipedia.org – Anglo-Russian Entente