Westminster
Voorkoms
- Sien ook: City of Westminster
Westminster | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 29°10′0″S 27°9′0″O / 29.16667°S 27.15000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Metro-munisipaliteit | Mangaung |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 9765 |
Westminster is 'n klein dorpie in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorpie is 40 km wes van Ladybrand en net noord van die N8 nasionale pad.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie is deur die hertog van Westminster as 'n nedersetting vir oudsoldate na die Tweede Vryheidsoorlog gestig. 'n Huis is op elkeen van die 18 oorspronklike plase gebou. Teen 1912 was 12 van die huise deur Britse families bewoon. Die huise is deur sir Herbert Baker ontwerp. Lady Mary, die dogter van die hertog, het van 1934 tot 1979 in die hoofhuis gewoon.
Distrik
[wysig | wysig bron]Gemengde boerdery word beoefen - suiwel, skape, perdetelery, groente (veral aartappels) en vrugte.