Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Julie
Voorkoms
- 711 – Moslem-magte onder Tariq ibn-Ziyad verslaan Roderik, koning van die Wes-Gote, in Spanje.
- 1553 – Lady Jane Grey word deur Maria I van Engeland as koningin van Engeland vervang nadat sy die titel net nege dae lank gehad het.
- 1870 – Frankryk verklaar oorlog teen Pruise en begin daarmee die Frans-Duitse Oorlog.
- 1944 – Gevangenes in die politieke gevangenis Pawiak ('n deel van die Warskou-konsentrasiekamp), probeer 'n massaontsnapping uitvoer tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1965 – Die Suid-Afrikaanse digteres Ingrid Jonker pleeg selfmoord deur in die see te loop by Drieankerbaai, naby Kaapstad.