19 Julie
Voorkoms
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
19 Julie is die 200ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (201ste in skrikkeljare). Daar volg nog 165 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 711 – Moslemmagte onder Tariq ibn-Ziyad verslaan Roderik, koning van die Wes-Gote, in Spanje.
- 1553 – Lady Jane Grey word deur Mary I van Engeland as Koningin van Engeland vervang na sy die titel vir net nege dae gedra het.
- 1688 – Pous Innocentius XI stel Joseph Clemens von Wittelsbach aan as aartsbiskop en keurvors van Keulen.
- 1799 – Die Rosettasteen se waarde word bevestig deur Napoleon se Akademiese Instituut in Egipte.
- 1824 – Die Meksikaanse keiser Agustin de Iturbide word na sy terugkeer uit ballingskap doodgeskiet.
- 1870 – Frankryk verklaar oorlog teen die Pruise en begin daarmee die Franko-Pruisiese Oorlog.
- 1908 – Sokkerspan Feyenoord word gestig.
- 1979 – Sandinista-rebelle werp die VSA-ondersteunde regering van die Somoza-familie in Nicaragua omver.
- 1980 – Uit protes teen die Sowjetbesetting van Afghanistan boikot talle state die Olimpiese Spele wat in Moskou begin.
- 1997 – Die Suid-Afrikaanse bokser Baby Jake Matlala klop die Amerikaner Michael Carbajal in Las Vegas en word die IBA se veergewig-wêreldkampioen.
- 2024 – 'n Foutiewe opdatering van sekuriteitsagteware deur CrowdStrike, 'n Amerikaanse kuberveiligheidsmaatskappy het besighede en regerings regoor die wêreld is geraak in wat beskryf is as die grootste onderbreking in die geskiedenis van inligtingstegnologie tot op daardie stadium.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1814 – Samuel Colt, Amerikaanse uitvinder van die rewolwer († 1862).
- 1834 – Edgar Degas, Franse skilder en beeldhouer († 1917).
- 1859 – Jan Eloff, mynkommissaris van Johannesburg († 1939).
- 1890 – George II, koning van Griekeland († 1947).
- 1894 – Percy Spencer, Amerikaanse ingenieur en uitvinder van die mikrogolfoond († 1970).
- 1896 – A.J. Cronin, Skotse romanskrywer († 1981).
- 1898 – Herbert Marcuse, Duits-Amerikaanse filosoof en sosioloog († 1979).
- 1924 – Pat Hingle, Amerikaanse akteur († 2009).
- 1926 – Helen Gallagher, Amerikaanse aktrise.
- 1945 – George Dzundza, Amerikaanse akteur.
- 1945 – Anna Enquist, pennaam van gewilde digter en skryfster in Nederland.
- 1946 – Lucas Malan, Afrikaanse digter († 2010).
- 1947 – Brian May, Britse kitaarspeler, sanger en musiekkomponis.
- 1949 – Kgalema Motlanthe, Suid-Afrikaanse politikus en derde President van Suid-Afrika (2008–2009).
- 1958 – Kazushi Kimura, Japannese sokkerspeler.
- 1962 – Anthony Edwards, Amerikaanse akteur.
- 1965 – Hailemariam Desalegn, Ethiopiese politikus, van 2012 tot 2018 premier van Ethiopië.
- 1966 – Nancy Carell, Amerikaanse aktrise en skrywer.
- 1970 – Nicola Sturgeon, Skotse politikus.
- 1976 – Benedict Cumberbatch, Engelse akteur en vervaardiger.
- 1982 – Jared Padalecki, Amerikaanse akteur.
- 1984 – Andrea Libman, Kanadese aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 514 – Pous Simmachus, 51ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 450).
- 711 – Roderik, koning van die Visigoten.
- 1061 – Pous Nicolaas II, 155ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Florence (* circa 990).
- 1131 – Raymond Berengarius III van Barcelona, Graaf van Barcelona, Girona en Osona (* 1082).
- 1725 – Olof Bergh, ’n ou-Kaapse amptenaar en die stamvader van die Bergh-familie (* 1643).
- 1824 – Agustín de Iturbide, Meksikaanse bevelvoerder, politikus en keiser (* 1783).
- 1965 – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres (* 1933).
- 1966 – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek (* 1902).
- 1983 – Erik Ode (73), Duitse akteur (* 1910).
- 2001 – Rob Wout alias Opland (73), Nederlandse politieke tekenaar (* 1928).
- 2006 – Jack Warden (85), Amerikaanse akteur (* 1920).
- 2013 – Mel Smith (60), Britse skrywer, akteur en regisseur (* 1952).
- 2014 – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis (* 2014).
- 2014 – David Easton, Kanadeesgebore Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1917).
- 2014 – James Garner (86), Amerikaanse akteur.
- 2014 – Skye McCole Bartusiak (21), Amerikaanse aktrise (* 1992).
- 2016 – Aubrey Kruger, Suid-Afrikaanse tekenaar en uitvinder van die dolos (* 1935).
- 2016 – Garry Marshall, Amerikaanse akteur en filmregisseur (* 1934).
- 2019 – Rutger Hauer, Nederlandse akteur (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 July. |