Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Maart
Voorkoms
4 Maart: Sint Casimirdag in Litaue en Pole
- 1461 – Die Roosoorloë in Engeland: Lancasterse koning Hendrik VI word afgeset deur sy Yorkse neef, wat toe koning Eduard IV word.
- 1790 – Tydens die Franse Rewolusie word 'n reeks nuwe départemente in Frankryk gevorm, waaronder Pyrénées-Atlantiques, Côtes-d'Armor en Calvados.
- 1791 – Vermont word die 14de deelstaat van die Verenigde State.
- 1975 – Die akteur en filmregisseur Charlie Chaplin word deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk tot ridder geslaan.
- 1980 – Robert Mugabe van die Zimbabwe African National Union (ZANU) word tot die eerste regeringshoof van Zimbabwe verkies.