Worcester diastella

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Worcester diastella
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. parilis
Binomiale naam
Diastella parilis
Salisb. ex Knight

Die Worcester diastella (Diastella parilis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei voor van die Elandskloof- tot die Slanghoekberge. Die struik is regop en word 70 cm hoog en dra blomme van Julie tot Januarie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei op die voorheuwels in sandsteengrond op hoogtes van 250- 500 m.

In Engels staan dit as die Worcester Silkypuff bekend.

Bronne[wysig | wysig bron]