World Series (bofbal)
Die World Series (Afrikaans: Wêreldreeks) is die jaarlikse finale kampioenskapsreeks van Major League Baseball (MLB) in die Verenigde State en Kanada. Dit word tradisioneel in Oktobermaand gespeel, hoewel onlangse reekse in November gehou is weens uitgebreide uitspeel wedstryde en/of vertragings. Die kampioenspanne van die "American League" (Afr: Amerikaanse liga [AL]) en die "National League" (Afr: Nasionale liga [NL]) ding sedert 1903 om die titel mee. Die wenner van die "World Series" word bepaal by wyse van 'n beste-van-sewe uitspeelstryd, en die kampioenspan ontvang die "Commissioner's Trophy.[1]
Voordat die AL en die NL in 1969 in divisies verdeel is het die span met die beste wen-verloor rekord uit elke afsonderlike liga (die voorgenoemde AL en NL) outomaties die liga se wimpel gewen en na die uitspeelstryd (World Series) deurgedring, met die uitsondering van die seldsame gelykopuitslag wat 'n wimpel-uitspeelronde noodsaak.
Sedertdien hou elke liga 'n ligakampioenskapreeks (American League Championship Series, Afr: Amerikaanse liga kampioenskapsreeks [ALCS] en National League Championship Series, Afr: Nasionale liga kampioenskapsreeks [NLCS]) wat die Wêreldreeks voorafgaan, om te bepaal watter spanne deurdring.
Die ligakampioenskapsreekse van elke liga word sedert 1995 voorafgegaan deur 'n divisiereeks (American League Division Series, Afr: Amerikaanse liga divisiereeks [ALDS] en National League Division Series, Afr: Nasionale liga divisiereeks [NLDS]), en sedert 2012 ook "Wild Card"-wedstryde of -reekse in elke liga.
Tot 2002 het die tuisveldvoordeel in die Wêreldreeks van jaar tot jaar gewissel tussen die AL en NL. Van 2003 tot 2016 is tuisveldvoordeel gegee aan die liga wat daardie jaar se All-Star-wedstryd gewen het. Vanaf 2017 word tuisveldvoordeel toegeken aan die ligakampioenspan met die beter wen-verloor rekord tydens die normale seisoen, ongeag daardie span se keuring in die vroeëre uitspeelrondes (d.w.s. 'n "Wild Card"-span in een liga sal tuisveldvoordeel hê oor 'n divisiewenner in die ander liga indien die "Wild Card"-span 'n beter rekord gehad het of die prosedure gedurende 'n gelykop-situasie wen).
Daar is met ingang van die 2023-seisoen reeds 119 kere meegeding om die Wêreldreeks, met Amerikaanse liga spanne wat 68 keer getriomfeer het, en Nasionale liga spanne wat 51 keer gewen het. Die Wêreldreeks word somtyds na verwys as die Fall Classic, omdat dit tydens die herfsseisoen in Noord-Amerika gespeel word.[2]
Wêreldreeks resultate
[wysig | wysig bron]Die getalle tussen hakies in die tabel stel die aantal Wêreldreeks verskynings tot op die datum van daardie Wêreldreeks voor, en word soos volg gebruik:
- Wenspan en verloorspan-kolomme dui die aantal kere aan wat daardie span in 'n Wêreldreeks verskyn het, asook elke onderskeie span se Wêreldreeksrekord tot op hede.
██ Nasionale liga span (NL)
██ Amerikaanse liga span (AL)
Jaar | Wenspan | Bestuurder | Reeks | Verloorspan | Bestuurder | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Moderne Wêreldreeks (voor 1967): | |||||||
1903 (Ooreenkoms tussen die twee klubspanne eerder as die twee ligas) | Boston Americans (1, 1–0) | Jimmy Collins | 5–3 (beste van 9) | Pittsburgh Pirates (1, 0–1) | Fred Clarke | ||
1904 (Daar was geen formele ooreenkoms tussen die twee ligas betreffende die aanbied van die Wêreldreeks nie, en die eienaar van die Giants, John T. Brush, het geweier om te speel teen 'n span uit 'n liga wat hy as minderwaardig beskou het.) | (nie gespeel nie) | ||||||
1905 (Formele ooreenkoms aangegaan tussen die twee ligas om die Wêreldreeks te omskep in 'n jaarlikse gebeurtenis.) | New York Giants (1, 1–0) | John McGraw | 4–1 | Philadelphia Athletics (1, 0–1) | Connie Mack | ||
1906 | Chicago White Sox (1, 1–0) | Fielder Jones | 4–2 | Chicago Cubs (1, 0–1) | Frank Chance | ||
1907 | Chicago Cubs (2, 1–1) | Frank Chance | 4–0–(1) | Detroit Tigers (1, 0–1) | Hugh Jennings | ||
1908 | Chicago Cubs (3, 2–1) | 4–1 | Detroit Tigers (2, 0–2) | ||||
1909 | Pittsburgh Pirates (2, 1–1) | Fred Clarke | 4–3 | Detroit Tigers (3, 0–3) | |||
1910 | Philadelphia Athletics (2, 1–1) | Connie Mack | 4–1 | Chicago Cubs (4, 2–2) | Frank Chance | ||
1911 | Philadelphia Athletics (3, 2–1) | 4–2 | New York Giants (2, 1–1) | John McGraw | |||
1912 | Boston Red Sox (2, 2–0) | Jake Stahl | 4–3–(1) | New York Giants (3, 1–2) | |||
1913 | Philadelphia Athletics (4, 3–1) | Connie Mack | 4–1 | New York Giants (4, 1–3) | |||
1914 | Boston Braves (1, 1–0) | George Stallings | 4–0 | Philadelphia Athletics (5, 3–2) | Connie Mack | ||
1915 | Boston Red Sox (3, 3–0) | Bill Carrigan | 4–1 | Philadelphia Phillies (1, 0–1) | Pat Moran | ||
1916 | Boston Red Sox (4, 4–0) | 4–1 | Brooklyn Robins (1, 0–1) | Wilbert Robinson | |||
1917 | Chicago White Sox (2, 2–0) | Pants Rowland | 4–2 | New York Giants (5, 1–4) | John McGraw | ||
1918 | Boston Red Sox (5, 5–0) | Ed Barrow | 4–2 | Chicago Cubs (5, 2–3) | Fred Mitchell | ||
1919 | Cincinnati Reds (1, 1–0) | Pat Moran | 5–3 (Beste van 9) | Chicago White Sox (3, 2–1) | Kid Gleason | ||
1920 | Cleveland Indians (1, 1–0) | Tris Speaker | 5–2 (Beste van 9) | Brooklyn Robins (2, 0–2) | Wilbert Robinson | ||
1921 | New York Giants (6, 2–4) | John McGraw | 5–3(Beste van 9) | New York Yankees (1, 0–1) | Miller Huggins | ||
1922 | New York Giants (7, 3–4) | 4–0–(1) | New York Yankees (2, 0–2) | ||||
1923 | New York Yankees (3, 1–2) | Miller Huggins | 4–2 | New York Giants (8, 3–5) | John McGraw | ||
1924 | Washington Senators (1, 1–0) | Bucky Harris | 4–3 | New York Giants (9, 3–6) | |||
1925 | Pittsburgh Pirates (3, 2–1) | Bill McKechnie | 4–3 | Washington Senators (2, 1–1) | Bucky Harris | ||
1926 | St. Louis Cardinals (1, 1–0) | Rogers Hornsby | 4–3 | New York Yankees (4, 1–3) | Miller Huggins | ||
1927 | New York Yankees (5, 2–3) | Miller Huggins | 4–0 | Pittsburgh Pirates (4, 2–2) | Donie Bush | ||
1928 | New York Yankees (6, 3–3) | 4–0 | St. Louis Cardinals (2, 1–1) | Bill McKechnie | |||
1929 | Philadelphia Athletics (6, 4–2) | Connie Mack | 4–1 | Chicago Cubs (6, 2–4) | Joe McCarthy | ||
1930 | Philadelphia Athletics (7, 5–2) | 4–2 | St. Louis Cardinals (3, 1–2) | Gabby Street | |||
1931 | St. Louis Cardinals (4, 2–2) | Gabby Street | 4–3 | Philadelphia Athletics (8, 5–3) | Connie Mack | ||
1932 | New York Yankees (7, 4–3) | Joe McCarthy | 4–0 | Chicago Cubs (7, 2–5) | Charlie Grimm | ||
1933 | New York Giants (10, 4–6) | Bill Terry | 4–1 | Washington Senators (3, 1–2) | Joe Cronin | ||
1934 | St. Louis Cardinals (5, 3–2) | Frank Frisch | 4–3 | Detroit Tigers (4, 0–4) | Mickey Cochrane | ||
1935 | Detroit Tigers (5, 1–4) | Mickey Cochrane | 4–2 | Chicago Cubs (8, 2–6) | Charlie Grimm | ||
1936 | New York Yankees (8, 5–3) | Joe McCarthy | 4–2 | New York Giants (11, 4–7) | Bill Terry | ||
1937 | New York Yankees (9, 6–3) | 4–1 | New York Giants (12, 4–8) | ||||
1938 | New York Yankees (10, 7–3) | 4–0 | Chicago Cubs (9, 2–7) | Gabby Hartnett | |||
1939 | New York Yankees (11, 8–3) | 4–0 | Cincinnati Reds (2, 1–1) | Bill McKechnie | |||
1940 | Cincinnati Reds (3, 2–1) | Bill McKechnie | 4–3 | Detroit Tigers (6, 1–5) | Del Baker | ||
1941 | New York Yankees (12, 9–3) | Joe McCarthy | 4–1 | Brooklyn Dodgers (3, 0–3) | Leo Durocher | ||
1942 | St. Louis Cardinals (6, 4–2) | Billy Southworth | 4–1 | New York Yankees (13, 9–4) | Joe McCarthy | ||
1943 | New York Yankees (14, 10–4) | Joe McCarthy | 4–1 | St. Louis Cardinals (7, 4–3) | Billy Southworth | ||
1944 | St. Louis Cardinals (8, 5–3) | Billy Southworth | 4–2 | St. Louis Browns (1, 0–1) | Luke Sewell | ||
1945 | Detroit Tigers (7, 2–5) | Steve O'Neill | 4–3 | Chicago Cubs (10, 2–8) | Charlie Grimm | ||
1946 | St. Louis Cardinals (9, 6–3) | Eddie Dyer | 4–3 | Boston Red Sox (6, 5–1) | Joe Cronin | ||
1947 | New York Yankees (15, 11–4) | Bucky Harris | 4–3 | Brooklyn Dodgers (4, 0–4) | Burt Shotton | ||
1948 | Cleveland Indians (2, 2–0) | Lou Boudreau | 4–2 | Boston Braves (2, 1–1) | Billy Southworth | ||
1949 | New York Yankees (16, 12–4) | Casey Stengel | 4–1 | Brooklyn Dodgers (5, 0–5) | Burt Shotton | ||
1950 | New York Yankees (17, 13–4) | 4–0 | Philadelphia Phillies (2, 0–2) | Eddie Sawyer | |||
1951 | New York Yankees (18, 14–4) | 4–2 | New York Giants (13, 4–9) | Leo Durocher | |||
1952 | New York Yankees (19, 15–4) | 4–3 | Brooklyn Dodgers (6, 0–6) | Charlie Dressen | |||
1953 | New York Yankees (20, 16–4) | 4–2 | Brooklyn Dodgers (7, 0–7) | ||||
1954 | New York Giants (14, 5–9) | Leo Durocher | 4–0 | Cleveland Indians (3, 2–1) | Al Lopez | ||
1955 | Brooklyn Dodgers (8, 1–7) | Walter Alston | 4–3 | New York Yankees (21, 16–5) | Casey Stengel | ||
1956 | New York Yankees (22, 17–5) | Casey Stengel | 4–3 | Brooklyn Dodgers (9, 1–8) | Walter Alston | ||
1957 | Milwaukee Braves (3, 2–1) | Fred Haney | 4–3 | New York Yankees (23, 17–6) | Casey Stengel | ||
1958 | New York Yankees (24, 18–6) | Casey Stengel | 4–3 | Milwaukee Braves (4, 2–2) | Fred Haney | ||
1959 | Los Angeles Dodgers (10, 2–8) | Walter Alston | 4–2 | Chicago White Sox (4, 2–2) | Al Lopez | ||
1960 | Pittsburgh Pirates (5, 3–2) | Danny Murtaugh | 4–3 | New York Yankees (25, 18–7) | Casey Stengel | ||
1961 | New York Yankees (26, 19–7) | Ralph Houk | 4–1 | Cincinnati Reds (4, 2–2) | Fred Hutchinson | ||
1962 | New York Yankees (27, 20–7) | 4–3 | San Francisco Giants (15, 5–10) | Alvin Dark | |||
1963 | Los Angeles Dodgers (11, 3–8) | Walter Alston | 4–0 | New York Yankees (28, 20–8) | Ralph Houk | ||
1964 | St. Louis Cardinals (10, 7–3) | Johnny Keane | 4–3 | New York Yankees (29, 20–9) | Yogi Berra | ||
1965 | Los Angeles Dodgers (12, 4–8) | Walter Alston | 4–3 | Minnesota Twins (4, 1–3) | Sam Mele | ||
1966 | Baltimore Orioles (2, 1–1) | Hank Bauer | 4–0 | Los Angeles Dodgers (13, 4–9) | Walter Alston | ||
Die moderne Wêreldreeks Kommissaristrofee-era (na 1967): Tydens die 1967 reeks is die Kommissaristrofee vir die eerste keer aan die seëvierende span oorhandig. | |||||||
1967 | St. Louis Cardinals (11, 8–3) | Red Schoendienst | 4–3 | Boston Red Sox (7, 5–2) | Dick Williams | ||
1968 | Detroit Tigers (8, 3–5) | Mayo Smith | 4–3 | St. Louis Cardinals (12, 8–4) | Red Schoendienst | ||
1969 | New York Mets (1, 1–0) | Gil Hodges | 4–1 | Baltimore Orioles (3, 1–2) | Earl Weaver | ||
1970 | Baltimore Orioles (4, 2–2) | Earl Weaver | 4–1 | Cincinnati Reds (5, 2–3) | Sparky Anderson | ||
1971 | Pittsburgh Pirates (6, 4–2) | Danny Murtaugh | 4–3 | Baltimore Orioles (5, 2–3) | Earl Weaver | ||
1972 | Oakland Athletics (9, 6–3) | Dick Williams | 4–3 | Cincinnati Reds (6, 2–4) | Sparky Anderson | ||
1973 | Oakland Athletics (10, 7–3) | 4–3 | New York Mets (2, 1–1) | Yogi Berra | |||
1974 | Oakland Athletics (11, 8–3) | Alvin Dark | 4–1 | Los Angeles Dodgers (14, 4–10) | Walter Alston | ||
1975 | Cincinnati Reds (7, 3–4) | Sparky Anderson | 4–3 | Boston Red Sox (8, 5–3) | Darrell Johnson | ||
1976 | Cincinnati Reds (8, 4–4) | 4–0 | New York Yankees (30, 20–10) | Billy Martin | |||
1977 | New York Yankees (31, 21–10) | Billy Martin | 4–2 | Los Angeles Dodgers (15, 4–11) | Tommy Lasorda | ||
1978 | New York Yankees (32, 22–10) | Bob Lemon | 4–2 | Los Angeles Dodgers (16, 4–12) | |||
1979 | Pittsburgh Pirates (7, 5–2) | Chuck Tanner | 4–3 | Baltimore Orioles (6, 2–4) | Earl Weaver | ||
1980 | Philadelphia Phillies (3, 1–2) | Dallas Green | 4–2 | Kansas City Royals (1, 0–1) | Jim Frey | ||
1981 | Los Angeles Dodgers (17, 5–12) | Tommy Lasorda | 4–2 | New York Yankees (33, 22–11) | Bob Lemon | ||
1982 | St. Louis Cardinals (13, 9–4) | Whitey Herzog | 4–3 | Milwaukee Brewers (1, 0–1) | Harvey Kuenn | ||
1983 | Baltimore Orioles (7, 3–4) | Joe Altobelli | 4–1 | Philadelphia Phillies (4, 1–3) | Paul Owens | ||
1984 | Detroit Tigers (9, 4–5) | Sparky Anderson | 4–1 | San Diego Padres (1, 0–1) | Dick Williams | ||
1985 | Kansas City Royals (2, 1–1) | Dick Howser | 4–3 | St. Louis Cardinals (14, 9–5) | Whitey Herzog | ||
1986 | New York Mets (3, 2–1) | Davey Johnson | 4–3 | Boston Red Sox (9, 5–4) | John McNamara | ||
1987 | Minnesota Twins (5, 2–3) | Tom Kelly | 4–3 | St. Louis Cardinals (15, 9–6) | Whitey Herzog | ||
1988 | Los Angeles Dodgers (18, 6–12) | Tommy Lasorda | 4–1 | Oakland Athletics (12, 8–4) | Tony La Russa | ||
1989 | Oakland Athletics (13, 9–4) | Tony La Russa | 4–0 | San Francisco Giants (16, 5–11) | Roger Craig | ||
1990 | Cincinnati Reds (9, 5–4) | Lou Piniella | 4–0 | Oakland Athletics (14, 9–5) | Tony La Russa | ||
1991 | Minnesota Twins (6, 3–3) | Tom Kelly | 4–3 | Atlanta Braves (5, 2–3) | Bobby Cox | ||
1992 | Toronto Blue Jays (1, 1–0) | Cito Gaston | 4–2 | Atlanta Braves (6, 2–4) | |||
1993 | Toronto Blue Jays (2, 2–0) | 4–2 | Philadelphia Phillies (5, 1–4) | Jim Fregosi | |||
1994 | Gekanselleer as gevolg van spelerstaking. | ||||||
1995 | Atlanta Braves (7, 3–4) | Bobby Cox | 4–2 | Cleveland Indians (4, 2–2) | Mike Hargrove | ||
1996 | New York Yankees (34, 23–11) | Joe Torre | 4–2 | Atlanta Braves (8, 3–5) | Bobby Cox | ||
1997 | Florida Marlins (1, 1–0) | Jim Leyland | 4–3 | Cleveland Indians (5, 2–3) | Mike Hargrove | ||
1998 | New York Yankees (35, 24–11) | Joe Torre | 4–0 | San Diego Padres (2, 0–2) | Bruce Bochy | ||
1999 | New York Yankees (36, 25–11) | 4–0 | Atlanta Braves (9, 3–6) | Bobby Cox | |||
2000 | New York Yankees (37, 26–11) | 4–1 | New York Mets (4, 2–2) | Bobby Valentine | |||
2001 | Arizona Diamondbacks (1, 1–0) | Bob Brenly | 4–3 | New York Yankees (38, 26–12) | Joe Torre | ||
2002 | Anaheim Angels (1, 1–0) | Mike Scioscia | 4–3 | San Francisco Giants (17, 5–12) | Dusty Baker | ||
2003 | Florida Marlins (2, 2–0) | Jack McKeon | 4–2 | New York Yankees (39, 26–13) | Joe Torre | ||
2004 | Boston Red Sox (10, 6–4) | Terry Francona | 4–0 | St. Louis Cardinals (16, 9–7) | Tony La Russa | ||
2005 | Chicago White Sox (5, 3–2) | Ozzie Guillén | 4–0 | Houston Astros (1, 0–1) | Phil Garner | ||
2006 | St. Louis Cardinals (17, 10–7) | Tony La Russa | 4–1 | Detroit Tigers (10, 4–6) | Jim Leyland | ||
2007 | Boston Red Sox (11, 7–4) | Terry Francona | 4–0 | Colorado Rockies (1, 0–1) | Clint Hurdle | ||
2008 | Philadelphia Phillies (6, 2–4) | Charlie Manuel | 4–1 | Tampa Bay Rays (1, 0–1) | Joe Maddon | ||
2009 | New York Yankees (40, 27–13) | Joe Girardi | 4–2 | Philadelphia Phillies (7, 2–5) | Charlie Manuel | ||
2010 | San Francisco Giants (18, 6–12) | Bruce Bochy | 4–1 | Texas Rangers (1, 0–1) | Ron Washington | ||
2011 | St. Louis Cardinals (18, 11–7) | Tony La Russa | 4–3 | Texas Rangers (2, 0–2) | |||
2012 | San Francisco Giants (19, 7–12) | Bruce Bochy | 4–0 | Detroit Tigers (11, 4–7) | Jim Leyland | ||
2013 | Boston Red Sox (12, 8–4) | John Farrell | 4–2 | St. Louis Cardinals (19, 11–8) | Mike Matheny | ||
2014 | San Francisco Giants (20, 8–12) | Bruce Bochy | 4–3 | Kansas City Royals (3, 1–2) | Ned Yost | ||
2015 | Kansas City Royals (4, 2–2) | Ned Yost | 4–1 | New York Mets (5, 2–3) | Terry Collins | ||
2016 | Chicago Cubs (11, 3–8) | Joe Maddon | 4–3 | Cleveland Indians (6, 2–4) | Terry Francona | ||
2017 | Houston Astros (2, 1–1) | A.J. Hinch | 4–3 | Los Angeles Dodgers (19, 6–13) | Dave Roberts | ||
2018 | Boston Red Sox (13, 9–4) | Alex Cora | 4–1 | Los Angeles Dodgers (20, 6–14) | |||
2019 | Washington Nationals (1, 1–0) | Dave Martinez | 4–3 | Houston Astros (3, 1–2) | A. J. Hinch | ||
2020 | Los Angeles Dodgers (21, 7–14) | Dave Roberts | 4–2 | Tampa Bay Rays (2, 0–2) | Kevin Cash | ||
2021 | Atlanta Braves (10, 4–6) | Brian Snitker | 4–2 | Houston Astros (4, 1–3) | Dusty Baker | ||
2022 | Houston Astros (5, 2–3) | Dusty Baker | 4–2 | Philadelphia Phillies (8, 2–6) | Rob Thomson | ||
2023 | Texas Rangers (3, 1–2) | Bruce Bochy | 4–1 | Arizona Diamondbacks (2, 1–1) | Torey Lovullo |
- Die 1903, 1919, 1920 en 1921 Wêreldreekse is gehou in 'n beste-van-nege formaat (die eerste span wat vyf oorwinnings behaal wen die reeks).
- Die 1907, 1912 en 1922 Wêreldreekse het elkeen een gelykop uitslag gehad.
- Die Brewers was vanaf 1969 tot 1997 in die Amerikaanse liga, waarna hulle oorgeskuif het na die Nasionale liga.[3]
- Die Astros was vanaf 1962 (destyds nog bekend as die Houston Colt .45's) tot 2012 in die Nasionale liga, waarna hulle oorgeskuif het na die Amerikaanse liga.
Wêreldreeks rekord deur span of franchise, 1903–tans
[wysig | wysig bron]
|
|
Algemene opmerkings
[wysig | wysig bron]Amerikaanse liga (AL) spanne het 67 van die 118 Wêreldreekse gewen (56,8%). Die New York Yankees het die Wêreldreeks die meeste kere gewen, met 27 kampioenskappe, wat verantwoordelik is vir 23,1% van alle reekse wat gespeel is en 40,9% van die oorwinnings deur spanne van die Amerikaanse liga. Die Yankees was ook die meeste kere die Amerikaanse liga se verteenwoordiger in die Wêreldreeks, met 40 totale verskynings. Die St. Louis Cardinals het 11 Wêreldreekse gewen, tweede meeste onder al 30 spanne, en die meeste onder die Nasionale liga-franchises, wat verantwoordelik is vir 9,4% van alle reekse wat gespeel is en wat 21,6% van die 51 Nasionale liga-oorwinnings uitmaak. Die Brooklyn/Los Angeles Dodgers was egter die meeste kere die Nasionale liga se verteenwoordiger in die Wêreldreeks, met 21 totale verskynings. Die Dodgers se 14 verskynings tydens die Wêreldreeks as verloorders is die meeste deur enige span, terwyl die Yankees se 13 verlore die meeste onder AL-spanne is.
Die Yankees en die Dodgers het die meeste kere teen mekaar te staan gekom, met elf totale wedstryde tussen die twee franchises. Die Yankees het agt van daardie elf kampioenskappe gewen, hoewel die Dodgers die Yankees in hul laaste Wêreldreeks-wedstryd in 1981 verslaan het.
Toe die eerste moderne Wêreldreeks in 1903 gespeel is, was daar agt spanne in elke liga. Hierdie 16 franchises, wat almal nog bestaan, het elk minstens twee Wêreldreeks-titels ingepalm.
Die aantal spanne was onveranderd tot 1961, met veertien uitbreidingspanne wat sedertdien by Major League Baseball aangesluit het. Almal behalwe die Seattle Mariners het in ten minste een Wêreldreeks verskyn. Van die 28 reekse waarin ten minste een uitbreidingspan gespeel het, insluitend drie reekse (2015, 2019 en 2023) waarin beide spanne uitbreidingspanne was, het uitbreidingspanne 13 reekse gewen, wat 46,4% van alle reekse is waarin 'n uitbreidingspan gespeel het, en 10,9% van die 119 reekse wat sedert 1903 gespeel is. In 2015 is die eerste Wêreldreeks met slegs uitbreidingspanne beslis, tussen die Kansas City Royals en New York Mets.[4] [5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "World Series trophy profile". New York: MLB Advanced Media. 27 Oktober 2015. Besoek op 25 Augustus 2019.
- ↑ Enders, Eric (2007). The Fall Classic: The Definitive History of the World Series. Sterling Publishing Company. ISBN 978-1-4027-4770-0., et al.
- ↑ "Brewers switch leagues, join Reds in NL Central". The Kentucky Post (Associated Press). E. W. Scripps Company. 6 November 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2005.
- ↑ "Mets-Royals World Series is the first between 2 expansion teams". Newsday. 24 Oktober 2015.
- ↑ "World Series Winners". Baseball-Reference.com. Philadelphia: Sports Reference, LLC. Besoek op 27 Desember 2020.