Wrocław

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wrocław
Breslau
Czarownic1.jpg

Kaart Wapen
Wroclaw Mapa.png
Herb wroclaw.svg
Vlag
POL Wrocław flag.svg
 Land Vlag van Pole Pole
 Woiwodskap POL województwo dolnośląskie flag 1.svg Neder-Silesië
 Koördinate 51°7′N 17°2′O / 51.117°N 17.033°O / 51.117; 17.033
 Stigting (eerste verwysing) Omstreeks 900
 Stadstatus 1261
 Oppervlakte:  
 - Totaal 293 vk km
 Hoogte bo seevlak 111 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2014) 633 105[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 159,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 038 000
 Tydsone MET (UTC +1)
 - Somertyd MEST (UTC +2)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,3 °C[2]
 - Gem. temp. Januarie/Julie -1,8 / 17,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 591 mm
 Burgemeester Rafał Dutkiewicz
 Amptelike Webwerf www.wroclaw.pl/
Raadhuis van Wroclaw – 1900
Breslau – XVII

Wrocław ([ˈvrɔtswaf] , Duits: Breslau, Silesiese Duits: Brassel), is die vierde grootste stad van Pole met 'n bevolking van meer as 630 000, die administratiewe hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië en van die gelyknamige landelike distrik. Wrocŀaw fungeer as setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop, 'n Evangelies-Lutherse diosesaanbiskop, en met talle akademiese instellings en navorsingsinstitute asook teaters en museums, as die kulturele en wetenskaplike sentrum van Silesië.

Die stad is aan die Oder-rivier en in die sentrum van 'n belangrike landbou- en mynbougebied geleë. Sy belangrikste nywerhede sluit masjienbou en metaalverwerking in.

Wrocław/Breslau word as hoofstad van die gewes Silesië beskou en was tussen 1919 en 1945 ook die hoofstad van die nuutgestigte Pruisiese provinsie Neder-Silesië. Voor hierdie periode was Breslau die hoofstad van die provinsie Silesië en het – in die tydperk van die Nasionaalsosialisme – as administratiewe sentrum van die Reichsgau Neder- en Sentraal-Silesië gedien.

In 1945 het Breslau onder Poolse administrasie gekom en die oorspronklike Duitse bevolking is verdryf. Poolse setlaars en burgers wat deur die Sowjet-owerheid uit Lemberg en ander gebiede van die vroeëre Oos-Pole verdryf is, het hier 'n nuwe tuiste gevind. Wrocław het later die hoofstad van die gelyknamige woiwodskap en in 1999 die hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië geword.

Breslau se inwonertal het omstreeks 1840 die 100 000-kerf verbygesteek, en dit was in die 19de eeu 'n tyd lank die grootste stad van Duitsland ná Berlyn en Hamburg.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. GUS, dane na dzień 30.06.2014[1]
  2. www.klimadiagramme.de: Breslau