Xian MA60

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Xian MA60
Nepal Airlines Xian MA60 in new livery on approach into Kathmandu.jpg
'n MA60 van Nepal Lugredery
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger Xi'an Aircraft Industrial Corporation
Nooiensvlug 25 Februarie 2000[1]
Status Aktief en in produksie
Hoofgebruikers Okay Airways
Joy Air
Vervaardig 2000 tot tans
Aantal gebou 110 afgelewer +310 bestel (Maart 2013)[2]
Ontwikkel van Xian Y-7
Weergawes Xian MA600
Xian MA700

Die Xian MA60 (新舟60, Xīnzhōu liùshí, "Modern Ark 60") is 'n turboskroef-aangedrewe passasiersvliegtuig wat in China vervaardig word deur Xi'an Aircraft Industrial Corporation onder die toesig van die Lugvaartindustriekorporasie van China. Die MA60 is 'n verlengde weergawe van die Xian Y-7,[3] wat op sy beurt op die Antanov-24 gebaseer is. Die MA60 is 'n stewige vliegtuig met kort-opstyg-en-landingsvermoë.[4]

Die vliegtuig het in Junie 2000 sy tipe-sertifikaat by die Burgerlugvaartadministrasie van China ontvang. Daar is egter nie aansoek gedoen by die FAA (Amerika) en EASA (Europa) vir tipe-sertifisering van die MA60 nie; om hierdie rede kan hy nie in hierdie gebiede gebruik word nie.[5][6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 国产MA60(新舟60)飞机介绍 Geargiveer 29 Augustus 2010 op Wayback Machine,搜狐军事频道,16 Augustus 2009
  2. "Domestic-Made Regional Jet ARJ21 to Be Delivered in 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2014.
  3. "MA60 is derived from Y7-200A by the application of better-performance engine, state-of-the-art avionics package and new maintenance methodology." Geargiveer 23 Februarie 2009 op Wayback Machine
  4. "Up close and personal with the Xi'an MA60 - The Jakarta Post" (in Engels). 12 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2011.
  5. "Tonga travel advice - GOV.UK". www.gov.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2015. Besoek op 3 Julie 2015.
  6. "Quality of Chinese-made plane questioned after crash". The Jakarta Post (in Engels). 9 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2011. Besoek op 9 Mei 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]