Yancheng
Yancheng 盐城 | |
---|---|
Stad | |
Die Lu Xiufu-tempel in Yancheng. | |
Koördinate: 33°23′00″N 120°07′00″O / 33.38333°N 120.11667°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Jiangsu |
Regering | |
• Kommunistiese Party van China Sekretariskomitee | Zhao Peng (赵鹏) |
• Burgemeester | Li Qiang (李强) |
Oppervlak | |
• Stad | 16 920,83 km2 (6 533,17 vk. myl) |
• Stedelik | 1 720 km2 (660 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 7 260 240 |
• Digtheid | 430/km2 (1 100/vk. myl) |
• Stedelik | 3 630 000 |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Poskode | 224000; 224100-224700 |
Skakelkodes | 515 |
Webwerf | yancheng.gov.cn |
Yancheng (Chinees: 盐城) is 'n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met 'n bevolking van 7 260 240 in 2010.
Die stad is in die ooste van China, aan die kus van die Geelsee geleë. Yancheng grens in die noorde aan Lianyungang, in die weste aan Huai'an, in die suidweste aan Yangtsjou en Taitsjou, en in die suide aan Nantong. Die naam van die stad beteken "sout-stad".
Yancheng is een van die oudste stede in China en het 'n lang en ryk geskiedenis van meer as 2100 jaar. In 119 v.C. is die eerste kanton van China tydens die Han-dinastie hier gestig. Tydens die Chinese Burgeroorlog tussen 1930 en 1940 het gevegte hier plaasgevind. Nadat die "Nuwe Vierde weermag" onder die Kommunistiese Party van China in 'n lokval gelei en deur die vyand geteister is, is dit in Yancheng heropgebou. Die Nuwe Vierde weermag het 'n belangrike rol by die kommunistiese oorwinning en die stigting van die Volksrepubliek gespeel. Baie monumente ter ere van die Nuwe Vierde weermag kan nog steeds rondom Yancheng gevind word.