Ali Bacher

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ali Bacher
Volle naam Aron Bacher
Gebore 24 Mei 1942 (1942-05-24) (73 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Kolfstyl Regterkantste kolf
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets 1ste rang
Wedstryde 12 120
Lopies aangeteken 679 7 894
Kolfgemiddeld 32,33 39,07
100s/50s 0/6 18/45
Hoogste telling 73 235
Aflewerings geboul 114
Paaltjies 2
Boulgemiddeld 43,50
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0
Beste boulontleding 1/8
Vangskote/Stonkings 110/1
Bron: CricketArchive,

Aron "Ali" Bacher (gebore 24 Mei 1942 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en 'n administrateur van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika.[1][2]

Biografie[wysig | wysig bron]

Bacher is gebore uit Joodse gesin wat van Litaue na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy kry sy bynaam op die ouderdom van sewe vanaf Ali Baba, 'n fiktiewe karakter uit Arabiese literatuur. Ali trou met Shira Teeger, en het twee dogters en een seun. Sy nefie, Adam Bacher het in die 1990's vir Suid-Afrika gespeel.

Hy begin op skool om krieket te speel en verteenwoordig Transvaal op die ouderdom van 17. Hy speel in 12 toetse vir Suid-Afrika, drie teen Engeland en nege teen Australië. In 'n groot wedstryd vir Transvaal teen 'n besoekende Australiaanse krieketspan in 1966/67, teken hy sy hoogste telling van 235 in die tweede beurt aan. Hy tree op as kaptein van die nasionale span tydens 'n enkele reeks in 1969/70, waartydens Suid-Afrika al vier sy wedstryde teen Australië wen.

Hy is in 1972 met die Suid-Afrikaanse Sports Merit Award bekroon.[3]

Hy het aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en as 'n dokter gekwalifiseer. In 1981 het hy 'n operasie vir hartomleiding ondergaan.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]