Proteas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die krieketspan. Vir die artikel oor die plant, sien Protea.
Die eerste Suid-Afrikaanse span wat in 1889 'n toetswedstryd gespeel het. Die nasionale span sou, soos die rugbyspan, mettertyd die Springbokke genoem word.(Vergroot die foto om die spelers se name te lees)
Die Suid-Afrikaanse Proteas van 2008. (Vergroot die foto om die spelers se name te lees).

Die Proteas is Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Die span word deur Krieket Suid-Afrika geadministreer. Suid-Afrika is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en neem aan toetskrieket sowel as Internasionale eendagwedstryde (EDI) en Twintig20 deel. Al is hulle een van die gunstelingspanne om die wêreldbeker te wen, het die eer hulle nog nooit te beurt geval nie.

Teen 21 Maart 2014 het die Proteas 384 toetswedstryde gespeel, 140 (36.45%) gewen, 129 (33.59%) verloor en 115 (29.94%) het gelykop geëindig.[1]

Teen 21 Maart 2014 het die Proteas 504 EDI-wedstryde gespeel, 310 (63.9%) gewen, 174 (34.8%) verloor, 6 (1.2%) gelykop gespeel en 13 (2.6%) het onbeslis geëindig.[2]

Suid-Afrika word op 28 Augustus 2012 die eerste span wat in al 3 vorms van krieket die eerste plek op die wêreldranglys beklee.

Geskiedenis[wysig]

Die span wat vandag as die Proteas bekend staan, het in 1889 hul eerste toetswedstryd in Port Elizabeth teen die besoekende Engelse nasionale krieketspan gespeel.

Die span is mettertyd die Springbokke genoem, soos verskeie ander Suid-Afrikaanse nasionale sportspanne ook bekend gestaan het, en die nasionale rugbyspan vandag steeds genoem word. Met die einde van die sportboikot teen Suid-Afrika in 1991, het die krieketspan amptelik die Proteas geword.[3]

Die Proteas het hul eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) op 10 November 1991 teen die Indiese nasionale krieketspan in Kalkutta gespeel. EDI-wedstryde is internasionaal reeds sedert 1970 gespeel, maar Suid-Afrika was van 1970 tot 1991 weens sy beleid van apartheid hiervan uitgesluit. Ongeag Suid-Afrika se afwesigheid van ongeveer 20 jaar, was die land se nasionale krieketspan steeds een van die beste spanne ter wêreld. Ná hul hertoetrede het hulle die halfeindronde gehaal in die eerste wêreldbeker waaraan hulle deelgeneem het.

Huidige Proteaspelers[wysig]

Uitslae[wysig]

IKR Wêreldbeker[wysig]

Vanaf 1975 tot 1987 (insluitend) was Suid-Afrika nie lid van die Internasionale Krieketraad nie, en kon dus nie aan hierdie toernooi deelneem nie.

  • 1992: Halfeindronde - teen Engeland
  • 1996: Kwarteindronde - teen Wes-Indië
  • 1999: Halfeindronde - teen Australië
  • 2003: Eerste rondte
  • 2007: Halfeindronde - teen Australië
  • 2011: Kwarteindronde - teen Nieu-Seeland
  • 2015: Kwalifiseer

IKR Twintig20[wysig]

  • 2007: Super 8
  • 2009: Halfeindronde teen Pakistan
  • 2010: Super 8
  • 2014: Kwalifiseer & neem tans deel

IKR Kampioenetrofee[wysig]

Statebondspele[wysig]

  • 1998: Goue medalje

Verwysings[wysig]

  1. Cricinfo Toetsrekords besoek op 23 Maart 2014
  2. Cricinfo ODI-rekords besoek op 23 Maart 2014
  3. SouthAfricaweb.co.za besoek op 18 November 2012

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Proteas (kategorie)