Amerikaanse Mariene Korps

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amerikaanse Mariene Korps
Seël van die Mariene Korps
Seël van die Mariene Korps
Gestig 10 November 1775 – April 1783,

11 Julie 1798[1]

Land Verenigde State van Amerika
Tipe Mariene gekombineerde wapens
Spesialisasie Amfibiese, ekspedisie en lug oorlogvoering
Kommandostruktuur Department van die Vloot
Aantal 194 000 aktiewe (2013)[2]
40 000 reserwe(2010)[3]
Hoofkwartier Pentagon
Mars Semper Fidelis
The Marine's Hymn
Kleur Bloedrooi en Goud[4]         
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Vlag van die Amerikaanse Mariene Korps
Kenteken van die Amerikaanse Mariene Korps
Amerikaanse Mariene Korpslede vuur op die vyand tydens Operasie Moshtarak in Afghanistan.
'n Amerikaanse Marinier doen diens as sekuriteitswag by 'n V.S. embassade in 2004.

Die Amerikaanse Mariene Korps (Engels: United States Marine Corps, afgekort USMC) is die marinierskorps van die Verenigde State en deel van die Amerikaanse Gewapende Magte.

Hoewel die korps hom oorspronklik hoofsaaklik besig gehou met die veiligheid aan boord van oorlogskepe, en met oorlogvoering deur middel van landings in kusgebiede vanuit die see, het die VS Mariene Korps ontwikkel tot 'n bruikbare, veeldoelige elite-gevegsmag binne die Amerikaanse Gewapende Magte.

Die Mariene Korps is op één na die kleinste van die vyf dele van die gewapende magte (die Leër, Vloot, Mariene Korps, Lugmag, en die Kuswag) met 201 031 mariniers in aktiewe diens, en nog 40 000 reserviste (2009). Slegs die Kuswag is kleiner. Nogtans is die Amerikaanse Mariene Korps groter as die gewapende magte van baie ander lande, ook groter as die Britse weermag.

Die VS Mariene Korps het sy eie lugvaartafdeling (Mariene Korpslugvaart), wat meer vegvliegtuie besit as die lugmagte van meeste ander lande.

Die Mariene Korps val, net soos die Amerikaanse Vloot, onder die Departement van die Vloot, wat gelei word deur 'n minister (Sekretaris van die Vloot) en 'n adjunk-minister (Adjunk-sekretaris van die Vloot). Die Departement van die Vloot val saam met die Departement van die Leër en die Departement van die Lugmag, onder die Departement van Verdediging.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Marine Corps Decade Timeline | Marine Corps history”. Marines.com. URL besoek op 4 September 2014.
  2. (en) USMC 3-star to retired CNO: ‘Where’s the beef?’”. (PDF) Marine Times: Februarie 2013. URL besoek op 4 September 2014.
  3. (en) Reserve Force Figures”. (PDF) The Continental Marine Magazine – Almanac 2010. Marine Forces Reserve: 2010. URL besoek op 4 September 2014.
  4. (en) John A. Lejeune (18 April 1925). “Marine Corps Order No. 4 (Series 1925)”. Commandant of the Marine Corps. United States Marine Corps History Division. URL besoek op 4 September 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.