Afghanistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Islamiese Republiek van Afghanistan
Jomhūrī-ye Eslāmī-ye Afġānistān
Da Afġānistān Islāmī Jomhoriyat
Vlag van Afghanistan Wapen van Afghanistan
Vlag Wapen
Volkslied: Milli Tharana
Ligging van Afghanistan
Hoofstad Kabul
Grootste stad Kabul
Amptelike tale Dari en Pashtu
Regering Republiek
Hamid Karzai
Onafhanklikheid

19 Augustus 1919
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
647 500 km2  (41ste)
251 772 myl2
0
Bevolking
 - 2009-skatting
 - 1979-sensus
 - Digtheid
 
28 150 000 (37ste)
13 051 358
43,5 / km2 (150ste)
111,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2009-skatting

27 014 billion
935

MOI (2007) 0.352 (181ste)  –  low
Geldeenheid Afghani ([[ISO 4217|AFN]])
Tydsone
 - Somertyd
+4:30 (UTC+4:30)
+4:30 (UTC+4:30)
Internet-TLD .af
Skakelkode +93
Ligging van Afghanistan
Kaart van Afghanistan

Afghanistan, ook Afganistan, (افغانستان in Dari Jomhūrī-ye Eslāmī-ye Afġānistān en in Pashtu Da Afġānistān Islāmī Jomhoriyat), amptelik die Islamiese Republiek van Afghanistan, is 'n land in die hartjie van Asië. Die hoofstad is Kaboel. Die land het godsdienstige, taalkundige en geografiese konneksies met die meese van sy buurlande. Afghanistan word begrens deur Iran in die weste, Pakistan in die suide en ooste, Turkmenistan, Oesbekistan en Tajikistan in die noorde, en Sjina in die mees oostelike deel van die land. Die naam, "Afghanistan", beteken "Land van die Afghane".

Afghanistan is ’n kultureel gemengde nasie: dit is 'n kruispad tussen die Ooste en die Weste en was die antieke middelpunt van handel en migrasie. Dit het ’n belangrike geostrategiese ligging, deurdat dit Suid-Asië, Sentraal-Asië en die Midde-Ooste saam verbind. Tydens Afghanistan se uitgestrekte geskiedenis het die land verskeie indringers en veroweraars gesien, terwyl plaaslike entiteite die omliggende, uitgestrekte streke ingeval het om self ryke te vorm. Ahmad Shah Durrani het ’n groot ryk in die middel van die agtiende eeu geskep, met die hoofstad by Kandahar. Vervolgens was meeste van die gebiede afgestaan aan voormalige nabygeleë lande. In die 19de eeu het Afganistan ’n bufferstaat geword in Die Groot Spel, wat gespeel was tussen die Britse Ryk en Russiese Ryk. Op 19 Augustus 1919, ná die derde Anglo-Afghaanse oorlog, herwin die land volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk oor sy buitelandse sake.

Sedert die laat 1970's het Afghanistan gely onder voortdurende en brutale burgerlike oorlog. In die tydperk het die land ook ingrypings ervaar in die vorm van die 1979 Sowjetse inval van Afghanistan en die 2001 Amerikaanse inval van Afghanistan, waartydens die heersende Taliban-regering omvergewerp is. In Desember 2001 het die Verenigde Nasies se sekuriteitsraad die stigting van die International Security Assistance Force ("internasionale sekuriteit bystandsmag", ISAF) goedgekeur. Dié mag, wat bestaan uit NAVO-troepe, is aktief gewees in die bystand van die regering van President Hamid Karzai en dié se pogings om gesag oor die land te vestig. In 2005 het die Verenigde State en Afghanistan 'n strategiese vennootskap onderteken wat beide nasies tot 'n langtermynverhouding bind. In die tussentyd is ongeveer VS$40 biljoen reeds deur die internasionale gemeenskap aan die land besorg vir die herbouing van die land.

Geskiedenis[wysig]

Hoofartikel: Geskiedenis van Afghanistan

Alhoewel Afghanistan groot ryke en baie handel gesien het oor twee millennia, was die area se heterogene groepe nie in 'n enkele politiese entiteit saamgesnoer voor die bewind van Ahmad Shah Durrani nie. Durrani stig die monargie in 1747 wat oor die land heers tot 1973. Die laaste Shah was Zahir Shah.

Die Islam het 'n sleutelrol gespeel in die geskiedenis van Afghanistan (en ander lande in die omliggende streek).

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Afghanistan (bladsy)


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika