Apfelstrudel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Apfelstrudel

Dit is `n traditionele dis in vele Duitssprekende lande. Die oorsprong van die dis is vanaf Wene, Oostenryk, en is een van vele Weense pasteigeregte (en "Pastries", de "Strudel").

Die dis is waarskynlik gebasseer op die Turkse baklava dis. Alhoewel min inligting daaroor bestaan, het die tipe dis moontlik na Wene gekom tydens die belëering van Hongarye deur die Turke in die 16de en 17de eeue. Dit is in Wene geniet tydens die Oostenryks-Hongaarse Koninkryk in die laat 19de eeu.

Apfelstrudel word voorberei deur 'n vulsel gemaak van hoofsaaklik appel, kaneel en rosyne binne 'n uitgerolde deeglaag toe te vou en te bak.

Alhoewel baie Afrikaanssprekendes na Apfelstrudel verwys as appeltert, is appelpastei, appelgebak of appelrol dalk 'n beter beskrywende naam om dit te onderskei van die appelterte wat in meeste Suid-Afrikaanse voedselwinkels beskikbaar is.