Asteekse Driebond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Asteekse Ryk stuur hierheen aan. Vir die mense van die Asteekse Ryk, sien Asteke.
Ēxcān Tlahtōlōyān
Asteekse Driebond
1428-1521 Flag of Cross of Burgundy.svg

Flag of Asteekse Ryk

Vlag

Ligging of Asteekse Ryk
Die Asteekse Driebond in sy grootste uitbreiding in 1519
Hoofstad Tenochtitlan
19°26′N 99°8′W
Taal/Tale Nahuatl
Godsdiens Asteekse mitologie
Regering Monargie
Historiese tydperk Middeleeue
 - Stigting van die Asteekse Driebond 13 Maart 1428
 - Spaanse verowering van die Asteekse Ryk 13 Augustus 1521
Geldeenheid Quachtli

Die Asteekse Driebond (Nahuatl: Ēxcān Tlahtōlōyān, ook Trippel- of Drievoudige Alliansie), beter bekend as die Asteekse Ryk, was 'n alliansie van drie Asteekse stadstate: Tenochtitlan; Tekskoko; en Tlacopan. Die stadstate het oor die gebied in en rondom die Dal van Meksiko tussen 1428 tot in 1521 geheers, toe hulle deur die Spaanse conquistadores en hul inheemse geallieerdes onder bevel van Hernán Cortés verslaan is.

Die Asteekse Driebond is in 1427 deur Itzcoatl uit Tenochtitlan en Nezahualcoyotl uit Tekskoko gevorm nadat beide die Tepaneekse oorheersers uit Azcapotzalco afgewerp het. Saan net die kleiner stadstaat Tlacopan, in der waarheid 'n oorblyfsel van Azcapotzalco, het hulle die Driebond gevorm. Ondanks die naam was Tenochtitlan die dominante lid en Tlacopan die swakste. Tenochtitlan en Tekskoko het elk twee vyfdes van alle inkomste ontvang, terwyl Tlacopan een vyfde ontvang het. Teen die tyd dat die Spanjaarde in 1519 gearriveer het, was Tlacopan as 'n aparte stadstaat byna verdwene en is die gebiede van die Alliansie vanuit Tenochtitlan geregeer.

Op sy hoogtepunt het die Alliansie die grootste gedeelte van sentrale Meksiko van kus tot kus beheer, met uitsondering van 'n klein gebied ten suidooste van Tenochtitlan, die Tlaxcalteekse stadstate, wat rofweg die hedendaagse Meksikaanse staat Tlaxcala is. Dit was die Tlaxcalteke wat bondgenote met Hernán Cortés in 1521 geword het om uiteindelik die Alliansie te vernietig.

Sien ook[wysig]