Baardaasvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Baardaasvoël of Lammergier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Falconiformes
Familie: Accipitridae
Genus: Gypaetus
Storr, 1784
Spesie: G. barbatus
Binomiale naam
Gypaetus barbatus
(Linnaeus, 1758)

Die Baardaasvoël of Lammergier, G. barbatus, is 'n ou-wêreldse aasvoël, die enigste lid van die genus: Gypaetus. Dit is 'n bedreigde spesie in Suider-Afrika.

Soos ander aasvoëls, is die spesie 'n aasvreter wat die karkasse van dooie diere vreet. Dit laat val bene uit die lug om die murg in die hande te kry as die been breek. Soortgelyk word lewende skilpaaie ook uit die lug laat val om hulle te laat oopbars.

'n Lammergier

Volgens legende is die Griekse toneelskrywer Aischylos oorlede na 'n lammergier 'n skilpad op sy kop laat val het, wat gedink het dis 'n klip.

Identifikasie[wysig]

Die tipiese baardaasvoël is ongeveer 110 cm lank en het lang, smal, gepunte vlerke met 'n lang v-stert, asook donker vere op die bokant en bruin-kleurige onderkant. Die baardaasvoël het 'n swart masker op sy gesig wat aan die onderkant 'n baard vorm. Anders as meeste aasvoëls het baardaasvoëls nie 'n bles kop nie.

Habitat[wysig]

Baardaasvoëls verkies hoë berge of kranse of ander bergagtige gebiede met 'n hoogte van 500 m tot 4 000  m (meestal 2 000 m) bo seevlak.

Voortplanting[wysig]

Die voëls broei op kranslyste; hulle paar van mid-Desember tot mid-Februarie en die hen lê een tot twee eiers. Die eiers neem tussen 53 en 58 dae om uit te broei. Die kuikens spandeer 106 tot 130 dae in die nes, waarna hulle op hulle eie wegvlieg.

Verspreiding[wysig]

Baardaasvoëls kom voor in suidelike Europa, Afrika, Indië en Tibet. In Suider-Afrika is hulle beperk tot die Drakensberge.

Geluid[wysig]

'n Uiters stil voël, maar is wel in staat tot 'n baie skerp fluitgeluid, wat veral tydens die paarseisoen gehoor word.

Ander name[wysig]

  • Nederlands: Lammergier
  • Engels: Lammergeier / Bearded vulture
  • Wetenskaplike naam: Gypaetus barbatus

Galery[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2008). Gypaetus barbatus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 1 November 2008. Databasis inskrywing gee kortliks redes hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.