Eurasië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Eurasië

Ligging van Eurasië op 'n wêreldkaart

Oppervlakte 54 759 000 km²
Bevolking 4 620 000 000
Bevolkingsdigtheid 84 inwoners/km²
Lande 92
Tydsones UTC±0 (Ysland) tot UTC+12 (Rusland)
Afrika-Eurasië aansig van die Blou Albaster

Eurasië is die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan. Dit is meestal in die oostelike en noordelike halfrond geleë. Eurasië kan beskou word as 'n superkontinent, as deel van die superkontinent Afrika-Eurasië, of eenvoudig as 'n kontinent. In plaattektonika sluit die Eurasiese Plaat Europa en meeste van Asië, maar nie die Indiese subkontinent, die Arabiese subkontinent, en die gebied oos van die Cherskiybergreeks in Sakha in nie. Eurasië word ook in internasionale politiek gebruik as a neutrale manier om na organisasies of aangeleenthede betreffende die post-Sowjetstate te verwys. Europa en Asië word tradisioneel as aparte kontinente gesien met die skeidslyn langs die Egeïese See, Dardanelle, Bosporus, Swartsee, Kaukasusberge, Kaspiese See, Oeralrivier, en Oeralgebergte.

Eurasië se dominante plek in wêreld geskiedenis word soms toegeskryf aan die oos-wes uitgestrektheid, die klimaatsones daarvan, en die beskikbaarheid van Eurasiese diere en plante wat hulle tot vee- en landbou leen.

Die Sjinese syroete simboliseer handel en kulturele bande tussen die Eurasiese kulture.

Ander gebruike[wysig]

Eurasië was ook 'n denkbeeldige land wat rofweg dieselfde grondgebied beslaan het as die super-kontinent in George Orwell se Nineteen Eighty-Four, met die uitsondering van die Britse Eilande.

In Robert Heinlein se verhaal Solution Unsatisfactory wat in 1940 geskryf is, beskryf hy 'n toekomstige 1945 waarin die Sowjetunie in "Die Eurasiese Unie" omgeskakel is.

In S.M. Stirling se distopiese Draka Alternatiewe Geskiedenisreeks is die analoog van die Tweede Wêreldoorlog die "Eurasiese Oorlog".

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Eurasië (kategorie)


Kontinente van die wêreld

Afro-Eurasia (orthographic projection).svg
Afrika-Eurasië
Americas (orthographic projection).svg
Amerikas
Eurasia (orthographic projection).svg
Eurasië
Oceania (orthographic projection).svg
Oseanië

Africa (orthographic projection).svg
Afrika
Antarctica (orthographic projection).svg
Antarktika
Asia (orthographic projection).svg
Asië
Australia-New Guinea (orthographic projection).svg
Australië
Europe orthographic Caucasus Urals boundary.svg
Europa
Location North America.svg
Noord-Amerika
South America (orthographic projection).svg
Suid-Amerika

Geologiese superkontinente : Gondwana · Laurasië · Pangaea · Rodinia

Gebiede van die wêreld
Afrika: Sentraal-Afrika | Oos-Afrika | Groot Mere | Guinee | Horing van Afrika | Noord-Afrika | Magreb | Noordwes-Afrika | Sahel | Suider-Afrika | Afrika, Suid van die Sahara | Soedan | Wes-Afrika
Amerikas: Andes-state | Karibiese Eilande | Sentraal-Amerika | Groot Mere | Groot  Vlaktes | Guianas | Latyns-Amerika | Noord-Amerika | Noordelike-Amerika | Patagonië | Suid-Amerika | Suidelike  Keël
Eurasië: Anatolië | Arabië | Asië | Balkan | Baltiese gebied | Benelux | Britse-Eilande | Kaukasië | Sentraal-Asië | Sentraal-Europa | Oos-Asië | Oos-Europa | Oos-Indies | Europa | Verre-Ooste | Indiese-subkontinent | Levant | Mediterreense gebied | Midde-Ooste | Nabye-Ooste | Noord-Asië | Noord-Europa | Na-Sowjet state | Skandinawië | Suidoos-Asië | Suid-Europa | Suidwes-Asië | Wes-Europa
Oseanië: Australasië | Melanesië | Mikronesië | Polinesië | Stille Oseaanrand
Poolgebiede: Noordpoolgebied | Antarktika