Balistidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Balistidae
Tydperk: Mioseen - onlangs
Rhinecanthus aculeatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Tetraodontiformes
Familie: Balistidae
Genera

12, sien teks.

Die Snellervisse (Balistidae) is 'n vis-familie van die visorde Tetraodontiformes. Daar is twaalf genera met sewe en dertig spesies in die familie. Twintig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig]

Die familie se lywe is plat en bedek met sterk, plaattipe, self-sluitende skubbe. Die voorste dorsale vin het drie stekels en die eerste stekel is lank en sterk en kan in 'n regop staande posisie gesluit word deur die tweede stekel - vandaar die naam snellervis. Die bekken vin bestaan amper nie, dit het verander na 'n stukkie been. Die familie skuil in skeure, gate en tonnels in die riwwwe waar hulle die dorsale vin orent laat kom, dit laat haak aan die bokant van die skuiling en druk dan die been bekken vin op die bodem vas - wat dit onmoontlik maak vir jagters om hulle daar uit te kry. Die familie word 25 – 76 cm groot.

Die familie eet onder andere skaaldiere, slakke, wurms, sponse, krappe en vis.

Die familie naam Balistidae is afgelei van die genus naam Balistes wat op sy beurt weer afgelei is van Latyn ballista wat 'n ander woord vir die Romeinse katapult is.

Genera[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Balistapus
  • Balistoides
  • Rhinecanthus

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]