Björn Borg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Björn Borg

Björn Borg (gebore 6 Junie 1956) is 'n afgetrede professionele tennisspeler van Swede. Hy was bekend vir sy ongewone en opwindende speelstyl en het verskeie rekords gebreek. Hy word as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.

Borg het Wimbledon vyf keer in 'n ry gewen, meer as enige speler vantevore, totdat Roger Federer hom geëwenaar het. Borg het ook ses Franse Ope ingepalm, wat later deur Rafael Nadal oortref is. Oor sy loopbaan wen hy 11 grandslamtitels in 'n totaal van 62 toernooie.

Sedert sy aftrede het hy 'n klerereeks bedryf. Hy het twee seuns, Robin (gebore in 1985) en Leo (gebore in 2003).

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Björn Borg (kategorie)