Roger Federer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Roger Federer
Roger Federer (26 June 2009, Wimbledon) 2 new.jpg
Wimbledon 2009
Noemnaam(e) Swiss Maestro[1]
Federer Express
Fed Express
FedEx[2]
Land Switserland
Woonplek Bottmingen, Switserland
Geboortedatum 8 Augustus 1981 (1981-08-08) (32 jaar oud)
Geboorteplek Basel, Switserland
Lengte 1,86m
gewig 85 kg[3]
Begin as professioneel 1998[4]
Speel Regshandig, eenhand handrughou
Loopbaan-wengeld $68,723,311VS
Enkelspel
Loopbaan-rekord 824-188 (81.4%)[5]
Loopbaantitels 72
Hoogste rang No. 1 (2 Februarie 2004)
Huidige rang No. 3 (5 Maart 2012)
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (2004, 2006, 2007), (2010)
Franse Ope W (2009)
Wimbledon W (2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2009)
VSA Ope W (2004, 2005, 2006, 2007, 2008)
Groot toernooie
Toer Eindronde W (2003, 2004, 2006, 2007, 2010, 2011 )
Olimpiese Spele HE (2000)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 119-78 (60.4%)
Loopbaantitels 8
Hoogste rang No. 24 (9 Junie 2003)
Australiese Ope 3R (2003)
Franse Ope 1R (2000)
Wimbledon KE (2000)
VSA Ope 3R (2002)
Groot Dubbelspel toernooie
Olimpiese Spele Gold medal.svg Goue Medalje (2008)
Laaste opgedateer op: 28 Januarie 2010.
Roger Federer

Roger Federer (8 Augustus 1981) is 'n Switserse professionele tennisspeler en is tans die wêreld se nr. 1 tennisspeler. Baie deskundiges en tennisspelers glo dat Federer moontlik die beste speler in die geskiedenis van tennis is. Sy ma is 'n Suid-Afrikaner en hy besit self ook Suid-Afrikaanse burgerskap.

Federer het al 17 Grand Slam-titels gewen tydens mans-enkelspeltoernooie (hy het al aan 54 deelgeneem). Hy het ook al ses "Tennis Masters Cup"-titels en 21 "ATP Masters Series"-titels gewen. In 2004 het Federer die eerste persoon sedert Mats Wilander geword wat drie van die vier Grand Slam-enkelspeltoernooie in dieselfde jaar gewen het: die Australiese Ope, die Wimbledon-kampioenskappe en die Amerikaanse Ope.

Federer het sedert 2 Februarie 2004 tot 17 Augustus 2008 die Wêreld Nr. 1-posisie beklee, 'n rekord van 237 agtereenvolgende weke. Op 8 Julie 2007 het Federer Björn Borg se rekord van vyf agtereenvolgende seges by Wimbledon geëwenaar.

Loopbaan in 2010[wysig]

Federer wen in drie stelle teen Andy Murray in die Australiese Ope. Die eindtelling was 6–3, 6–4, 7–6(11). Met die wen verower hy sy 16de Grand Slam titel.

Grand Slam-rekord[wysig]

Die tabel toon Federer se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
1999 Nie gekwalifiseer Rondte 1 Rondte 1 Nie gekwalifiseer
2000 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3
2001 Rondte 3 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Rondte 3
2002 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 4
2003 Rondte 4 Rondte 1 Wenner Rondte 4
2004 Wenner Rondte 3 Wenner Wenner
2005 Halfeindstryd Halfeindstryd Wenner Wenner
2006 Wenner Eindstryd Wenner Wenner
2007 Wenner Eindstryd Wenner Wenner
2008 Halfeindstryd Eindstryd Eindstryd Wenner
2009 Eindstryd Wenner Wenner Eindstryd
2010 Wenner Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd
2011 Halfeindstryd Eindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd
2012 Halfeindstryd Halfeindstryd Wenner Kwarteindstryd

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Sean Gregory. "Five Ways to Beat Roger Federer", TIME, 2007-08-24. URL besoek op 2009-06-30.
  2. John Roberts. "The Federer express runs over Henman", 'The Independent', 2004-09-12. URL besoek op 2009-06-18.
  3. ATP website profile of Roger Federer”. ATP World Tour. URL besoek op 2009-06-30.
  4. ATP website profile of Roger Federer”. ATP World Tour. URL besoek op 2009-07-05.
  5. ATP website profile of Roger Federer”. ATP World Tour. URL besoek op 2009-07-01.