Yshokkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Yshokkiebaan in Örnsköldsvik, Swede
Yshokkiespeler Joffrey Lupul

Yshokkie word meestal in Kanada, die noorde van die VSA en in Europa gespeel. Dit is bekend as 'n baie geweldadige en vinnige sport. Die spelers trek baie beskermende klere aan wat ongelukkig daartoe lei dat die spelers nog harder speel.

Die moderne spel het in die omgewing van Montreal ontstaan waar die eerste georganiseerde binnenshuise spel op 3 Maart 1875 geskied het. Die Dominion Hockey Challenge Cup, wat later die bekende Stanley Cup sou word is in 1893 die eerste keer toegeken met Montreal HC as wenner. Sedert die Eerste Wêreldoorlog word die spel professioneel gespeel.

Die spel word in drie 20 minute blokke verdeel maar gelykop tellings kan tot verdere blokke ekstra tyd lei. Na elke blok wissel die spanne kante en in die ekstra tyd blokke bekend as sudden death wen die span wat eerste 'n doel aanteken. Daar is verskillende maniere om 'n gelykop telling te hanteer in die verskillende wêreld dele.