Bles Bridges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bles Bridges
Geboortenaam Lawrence John Gabriel
Alias Bles
Geboorte 22 Julie 1947
Viljoensdrif
Afsterwe 24 Maart 2000
Bloemhof
Beroep(e) Sanger
Tipe stem Minnesanger
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 19822000
Portal.svg Musiekportaal

Bles Bridges (22 Julie 194724 Maart 2000) was 'n legendariese Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik minneliedjies gesing het. Hy is bekend vir liedjies soos Ruiter van die Windjie, Maggie en Sweef soos 'n arend, en het gereeld rose tydens sy konserte aan dames uitgedeel.[1]

Biografie[wysig]

Lawrence John Gabriel is op 22 Julie 1947 in Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan by Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.

Sy debuutalbum, Onbekende Weermagman is is in 1982 uitgereik. Sy professionele loopbaan begin egter eers in 1984 met die vrystelling van sy tweede album, Bles, wat in minder as 'n maand goud gegaan het (meer as 25,000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980's het hy 'n konsert ter ondersteuning van die AWB se Volkhulpskema gehou waartydens R10 000 ingesamel was.

Sy grootste treffer was Ruiter van die Windjie, wat in 1986 vrygestel is.

Op 24 Maart 2000 is hy in 'n motorbotsing oorlede. Hy is op 3 April 2000 uit die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark begrawe. Hy laat sy ouers (Cecil en Maria), sy vrou (Leonie), sy dogter (Sunette), sy seun (Victor) en twee kleinkinders agter.[2]

Gerrie Pretorius reik in 2007 'n album genaamd Ek sing vir jou Bles ter nagedagtenis van Bles Bridges uit.

Diskografie[wysig]

Albums vrygestel (Rekords en CD's):

  • "Onbekende Weermagman", 1982
  • "Bles", 1984
  • "Uit die boonste rakke", 1985
  • "Vir een en almal", 1986
  • "I am the eagle, you're the wind", 1986
  • "Reik na die sterre", 1987
  • "Fight for love", 1987
  • "Laat my lewe, laat my liefhê", 1988
  • "Ons eerste ontmoeting", 1989
  • "Nog 'n nuwe dag", 1989
  • "The devil and the song", 1989
  • "Let me love you", 1990
  • "Back on my feet again", 1991
  • "Soos nooit tevore", 1992
  • "Am I that easy to forget", 1993
  • "One dance with you", 1994
  • "Grootste treffers", 1994
  • "Sproetjies kom terug", 1995
  • "Love and roses - my greatest hits", 1996
  • "Die hart van my moeder", 1997
  • "Sweef soos 'n arend", 1998
  • "Classics my way", 1998
  • "Country my way", 1999
  • "Goue & platinum treffers deur die jare heen", 2000
  • "Môre bring 'n nuwe dag", 2000
  • "Goue & platinum treffers deur die jare heen (vol II)", 2000 (uitgereik op 26 September 2000)

Videografie[wysig]

Bles het twee video's vrygestel:

  • "In Search Of Love"
  • "Op Toer Met Bles"

Filmografie[wysig]

Bles het in 1989 in 'n rolprent "The Devil And Song" gespeel. Hy het ook die temaliedjie van die rolprent Tawwe Tienies (1984) gesing.

Verwysings[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]