Boson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Bosone is in deeltjiefisika een van twee klasse elementêre deeltjies; die ander klas is fermione. Die term "boson" is geskep deur Paul Dirac as erkenning aan die werk van Satyendra Nath Bose,[1][2] wat saam met Albert Einstein die Bose–Einstein-statistiek oor die eienskappe van elementêre deeltjies ontwikkel het.[3]

Voorbeelde van bosone sluit in fundamentele deeltjies (soos die Higgs-boson, die vier kragdraende bosone van die Standaardmodel en die nog teoretiese graviton van kwantumswaartekrag); saamgestelde deeltjies (mesone, stabiele kerns van ewe massagetalle, bv. deuterium, helium-4, lood-208); en kwasideeltjies (bv. Cooper-pare).

’n Belangrike eienskap van bosone is dat daar nie ’n beperking is aan die getal wat dieselfde kwantumtoestand kan beslaan nie. In teenstelling daarmee kan twee fermione nie dieselfde kwantumruimte beslaan nie. Terwyl fermione materie uitmaak, is bosone die kragdraers wat as "gom" dien en die materie bymekaarhou.[4]

Verwysings[wysig]

  1. Daigle, Katy, "India: Enough about Higgs, let's discuss the boson", 10 Julie 2012. URL besoek op 10 Julie 2012.
  2. Bal, Hartosh Singh (19 September 2012). “The Bose in the Boson”. New York Times. URL besoek op 21 September 2012.
  3. BBC News – Higgs boson: The poetry of subatomic particles”. BBC Online. 4 Julie 2012. URL besoek op 6 Julie 2012.
  4. Carroll, Sean. “Explain it in 60 seconds: Bosons”. Symmetry Magazine. Fermilab/SLAC. URL besoek op 15 Februarie 2013.