Elementêre deeltjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Standaardmodel van elementêre deeltjies.

’n Elementêre of fundamentele deeltjie is in deeltjiefisika ’n deeltjie wat sover bekend nie enige substruktuur het nie,[1] dus bestaan dit waarskynlik nie uit kleiner deeltjies nie. As dit wel die geval is, is elementêre deeltjies die basiese boustene van die heelal waaruit alle materie bestaan.

In die Standaardmodel van deeltjiefisika sluit die elementêre deeltjies in die fundamentele fermione (insluitende kwarke, leptone en hul antideeltjies), en die fundamentele bosone (insluitende die ykbosone en die Higgs-boson).[2][3] Hoewel die deeltjies nie uit kleiner dele bestaan nie, kan van hulle in ligter deeltjies verander (volgens sekere reëls).

Vroeër is geglo atome is die kleinste deeltjies in die natuur ("atoom" kom van die Griekse woord atomos, wat "ondeelbaar" beteken). ’n Sentrale kenmerk in die elementêre-deeltjie-teorie is die vroeë-20ste-eeuse idee van kwantums, wat die begrip van elektromagnetiese straling hervorm en kwantummeganika teweeggebring het.

Oorsig[wysig]

’n Oorsig van die verskeie families van elementêre en saamgestelde deeltjies en die teorieë wat hul wisselwerking beskryf.

Volgens die Standaardmodel is alle elementêre deeltjies óf bosone óf fermione (na gelang van hul spin). Die deeltjies wat gewoonlik met materie verbind word, is fermione. Hulle het ’n halftallige spin en word verdeel in 12 aromas. Deeltjies wat verbind word met die vier basiese natuurkragte is bosone en hulle het ’n heeltallige spin.[4]

Elementêre fermione (materiedeeltjies):
Elementêre bosone (kragvoerende deeltjies):
Ander bosone

’n Boson wat van die groter familie Higgs-bosone kan wees, is die laaste deeltjie wat waarskynlik ontdek is (in Julie 2012) en is moontlik die swaarste boson wat nog gevind is. Nog elementêre deeltjies kan bestaan, soos die gravitone, wat met swaartekrag verbind word. Sulke deeltjies is nie deel van die Standaardmodel nie.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Mittal, V. Introduction to Nuclear and Particle Physics. PHI Learning Pvt. Ltd., 320. ISBN 9788120343115. 
  2. Gribbin, John (2000). Q is for Quantum – An Encyclopedia of Particle Physics. Simon & Schuster. ISBN 0-684-85578-X. 
  3. Clark, John, E.O. (2004). The Essential Dictionary of Science. Barnes & Noble. ISBN 0-7607-4616-8. 
  4. Veltman, Martinus (2003). Facts and Mysteries in Elementary Particle Physics. World Scientific. ISBN 981-238-149-X. 

Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia