Kwarkonium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Kwarkonium (van "kwark" en "onium") is ’n subatomiese deeltjie. Dit is ’n aromalose meson wat bestaan uit ’n kwark en sy eie antikwark. Voorbeelde van kwarkoniums is die J/ψ-meson en ϒ-meson.

Vanweë die groot massa van die bo-kwark kom dit nie in kwarkoniums voor nie omdat die bo-kwark verval deur die swak wisselwerking voor ’n gebonde toestand kan vorm.

Sien ook[wysig]