Bosveldkwarteltjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bosveldkwarteltjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Turniciformes
Familie: Turnicidae
Genus: Turnix
Spesie: T. sylvaticus
Binomiale naam
Turnix sylvaticus
Desfontaines, 1789
Skildery deur John Gould

Verspreiding[wysig]

Die Bosveldkwarteltjie (Turnix sylvaticus) is 'n standvoël wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal. In Engels staan die voël bekend as die Common Buttonquail.

Die voël leef van insekte en saadjies en woon op hoë grasvelde, ou landerye en oop savanne van die bosveld.

Identifikasie[wysig]

Hierdie klein kwarteltjie is werklik moeilik om raak te sien, aangesien hy bly sit in sy wegkruipplek en op die laaste oomblik laag sal opvlieg om te vlug. Hy het gestreepte sandbruin bo-dele, 'n dowwe onderkant, swart flankmerke en 'n vaal gesig. Die twee geslagte lyk eenders, maar jongelinge het meer kolletjies aan die onderlyf.

Die hennetjie roep met 'n diep "hoem-hoem-hoem" en die mannetjie antwoord met "kêk-kêk-kêk".

Voortplanting[wysig]

Die hennetjie begin die vlerksleepproses en bou dan 'n nessie op die grond. Die nessie is 'n klein pakkie gras wat in 'n natuurlike holte geplaas word. Die haantjie bebroei die gespikkelde eiers wat gewoonlik vier is; en versorg die kuikens, wat kan hardloop sodra hulle uitgebroei het. Die broeiseisoen is van Junie tot September.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Turnix sylvaticus”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.