Clanwilliamdam
Voorkoms
Clanwilliamdam | |
---|---|
Clanwilliamdam
| |
Ligging | Clanwilliam |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 32°11′5″S 18°52′1″O / 32.18472°S 18.86694°O |
Dam in | Olifantsrivier, Namakwaland |
Doel | Besproeiing |
Openingsdatum | 1935 (wal verhoog in 1964) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 43 m |
Lengte van wal | 235 m |
Reservoir | Clanwilliamdamreservoir |
Kapasiteit | 121 800 000 m3 |
Damoppervlak | 11,2 km2 |
Reservoirlengte | 18 km |
Die Clanwilliamdam is 'n dam in die Olifantsrivier, net suid van die dorp Clanwilliam in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die hoofdoel van die dam is om besproeiingswater aan die landbougebied stroomaf te voorsien.[1]
Die dam is in die 1930's gebou en nadat die wal in 1964 met 6 m tot 43 m verhoog is, het die dam nou 'n bakmaat van 121,8 miljoen m3. Wanneer die dam vol is strek die meer 18 km stroomop.[2]
'n Maatskappy is in 2005 aangestel om die damwal met 'n verdere 13 meter te verhoog. Dit sal die dam se kapasitiet met 70 miljoen kubieke meter water vergroot. Die geprojekteerde koste vir die konstruksie is meer as R2 miljard.[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. BL. 36. ISBN 1-86842-026-4
- ↑ "Bigen Africa appointed to manage extension of Clanwilliam Dam" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2017. Besoek op 2 Januarie 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Clanwilliamdam.