Clanwilliam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Clanwilliam
Die Clanwilliam-dam
Die Clanwilliam-dam
Ligging van Clanwilliam op 'n kaart (Wes-Kaap)
Clanwilliam
Clanwilliam
 Clanwilliam se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°10′43″S 18°53′28″O Koördinate: 32°10′43″S 18°53′28″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Cederberg
Stigting 1806
Oppervlak[1]
 - Dorp 15,27 km²  (5,9 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 7 674
 - Digtheid 503/km² (1 302,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 22.6%
 • Kleurling 68.5%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 7.7%
 • Ander 0.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 77.7%
 • Sotho 9.2%
 • Xhosa 7.8%
 • Engels 2.3%
 • Ander 3.0%
Poskode (straat) 8135
Poskode (posbus) 8135
Skakelkode(s) 027
Die ou NG Kerk, ontwerp deur Carl Otto Hager.

Clanwilliam in die Wes-Kaap is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika. Die eerste trekboere het hulle hier reeds in 1732 langs die Olifantsrivier gevestig.

Clanwilliam staan vandag veral vir sy rooibostee bekend, wat uitsluitlik in die sanderige valleie van die Sederberge groei en hier bemark word. Die vrugbare grond van die gebied lewer daarnaas ook sitrusvrugte en wyn op. Die Clanwilliamdam by die benedeloop van die Olifantsrivier en 'n uitgebreide kanaalstelsel verskaf water vir besproeiing.

Ligging[wysig]

Clanwilliam is in die Sederberg by die sameloop van die Olifants- en Jan Disselsvleirivier, 232 km noord van Kaapstad en sowat 50 km noord van Citrusdal, by die Clanwilliamdam geleë. Die N7 nasionale pad gaan by Clanwilliam verby.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is op die plaas Jan Disselsvlei uitgelê, en dit was dan ook sy eerste naam. 'n Onder-drosdy is op 1 Februarie 1808 op die plaas gestig met Daniel Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. So is die hele gebied wat vandag as die Noordweste bekend staan onder die landdros van Tulbagh geplaas. Op 1 Januarie 1814 verkry dit die status van afsonderlike distrik en is dit tot Clanwilliam herdoop deur sir John Cradock, goewerneur van die Kaap van 1811 tot 1814, ter ere van sy skoonpa, die graaf van Clanwilliam. Die dorpie het vinnig ontwikkel nadat enkele van die 1820-Setlaars hier gevestig is. Dit het munisipale status verkry in 1901. Die eerste burgemeester was Charles Fryer, Ierse afstammeling van die 1820-Setlaars. Elektrisiteit is in 1938 die eerste maal deur die munisipaliteit aangelê.

Ds. C.F. Leipoldt, leraar van die NG gemeente Clanwilliam van 1884 tot 1910.

NG gemeente[wysig]

Hoewel die distrik afsonderlike afgestig het, het dit kerklik steeds onder die gemeente Tulbagh, wat in 1743 as vierde gemeente aan die Kaap gestig is, geval. Clanwilliam is eers op 26 September 1826 as afsonderlike gemeente afgestig. Aanvanklik het die gemeente die hele Namakwaland, Calvinia en Vanrhynsdorp ingesluit. Die eerste kerkgeboutjie is in 1830 voltooi en die eerste leraar, ds. William Robertson, is op 26 Februarie 1832 bevestig. Veel is hier verrig tydens die lang dienstydperk van ds. C.F. Leipoldt, vader van die skrywer dr. C. Louis Leipoldt. Twee proponente is tydens die aanbou van die besproeiingskema hier van 1933 tot 1936 met fondse uit die Armesorgkas aangestel om die honderd arbeiders te bedien.

Opvoeding[wysig]

Die dorp is wyd bekend om sy Augsburg Landbougimnasium, wat ontstaan het uit die samesmelting in die jare 90 van die hoërskool en landbouskool. Dit lok leerders vanuit die hele Noordweste en Namakwaland.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Clanwilliam”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Clanwilliam (kategorie)


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg