Dingaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dingaan
Koning van die Zoeloenasie
Dingane - 'Bulalani abathakathi' - 1847.jpg
Dingaan beveel sy krygers om Boeregesante te vermoor.
Dinastie Huis van die Zoeloe
Bewind 18281840
Volle naam Dingane kaSenzangakhona
Gebore 1795
Gesterf 1840
Voorganger Shaka
Opvolger Mpande

Dingane Ka Senzangakhona (ca. 1795-1840) of Dingaan is 'n bekende Zoeloekoning wat 'n prominente rol gespeel het in die Slag van Bloedrivier en die moord op Piet Retief.

Dingaan (soms geskryf as Dingane) was 'n seun van die stamhoof Senzangakhona, koning van die Zoeloes. Hy was tweede in lyn om sy vader op te volg as koning, naas sy halfbroer Shaka. Shaka het egter besef dat sy vader nooit sou instem tot hom as troonopvolger nie (hy was 'n buite-egtelike kind), en sluit toe eerder by die weermag aan. Sy vader was bly oor hierdie besluit en benoem Dingaan tot troonopvolger. Shaka het egter ontluik as 'n skitterende krygsheer en hy het daarin geslaag om groot dele van die naburige lande en stamme te win vir die Zoeloekoninkryk. Na Senzangakhona se dood neem Shaka met geweld die troon oor. Shaka se brutaliteit na sy ma, Nandi, so dood, lei egter daartoe dat Shaka vermoor word deur sy halfbroers Dingaan en Mhlangane, asook Shaka se adviseur Mbopa. Na Shaka se dood, neem Dingaan die troon oor.

Dingaan het nie Shaka se militêre- en leierskapvaardighede gehad nie, en verskeie stamhoofde het weggebreek. Probleme in die koninkryk is vererger deur die Voortrekkers wat in die omgewing inbeweeg het en toenemende Europese invloed uit Port Natal (nou Durban). In November 1837 het Dingaan vir Piet Retief ontmoet en 'n verdrag in Engels onderteken wat grondgebied sou toeken aan die Voortrekkers. Na twee dae se feesvieringe, op 6 Februarie 1838, het Dingaan Retief se diplomatieke geselskap vermoor. Sy magte het ook Retief se mense, omtrent 500 mans, vrouens en kinders by Weenen vermoor. Dingaan het toe sy magte beveel om die ander groep Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, te vind en te vermoor. Die Zoeloe impies het die Voortrekkers gevind en aangeval, maar het die stryd verloor in die Slag van Bloedrivier met ongeveer 3000 Zoeloes dood en drie Voortrekkers lig beseer. Dingaan se bevelvoerder tydens die aanval was Ndlela kaSompisi.

In Januarie 1840 het Andries Pretorius, met 'n kommando van 400 burgers, vir Mpande (Dingaan en Shaka se halfbroer) gehelp om Dingaan te verower. Dingaan is vermoor in die Hlatikhulu woudgebied tydens 'n militêre ekspedisie. Mpande het vir Dingaan opgevolg as koning.

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Shaka
Koning van die Zoeloenasie
18281840
Opgevolg deur:
Mpande