Weenen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Weenen
Ligging van Weenen op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Weenen
Weenen
Ligging van Weenen op 'n kaart (Suid-Afrika)
Weenen
Weenen
Koördinate: 28°51′26″S 30°06′05″O Koördinate: 28°51′26″S 30°06′05″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit uThukela
Plaaslike Munisipaliteit Umtshezi
Stigting 1838
Oppervlak
 - Dorp 2,24 km²  (0,9 vk m)
Hoogte 858 m (2 815 vt)
Bevolking (2001)
 - Dorp 1 157
 - Digtheid 520/km² (1 346,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3325

Weenen is een van die oudste dorpe in KwaZulu-Natal. Die dorp lê langs die Boesmansrivier, 'n sytak van die Tugelarivier.

Geskiedenis[wysig]

Voor Piet Retief vir Dingaan vir die tweede keer besoek het, het die Voortrekkers hulle hier langs die Boesmansrivier gevestig in afwagting op 'n positiewe uitslag van die grondonderhandelings. Weenen is in 1839 deur die Voortrekkers gestig en so genoem as gevolg van hulle geween na aanvalle deur die Zoeloes by Bloukrans en elders. Die distrik het deel gevorm van een van drie distrikte wat deel was van die Voortrekkerrepubliek Natalia. Die eerste besproeiingserwe is in 1884 opgemeet.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 059 km2 groot en is ideaal vir die verbouing van groente. Ander gewasse wat verbou word is lusern, grondbone en sitrus terwyl veeboerdery ook beoefen word. Die Weenen Natuurreservaat (4 900 ha) is naby die dorp.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]