Durban

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Durban
eThekwini (zu)
2011-06-22 12-01-28 South Africa - Morningside.jpg
Vlag van Durban
Vlag
Official logo of Durban
Wapen (1912-2000)
Ligging van Durban op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Durban
Durban
Ligging van Durban op 'n kaart (Suid-Afrika)
Durban
Durban
Koördinate: 29°53′S 31°3′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Metropolitaanse Munisipaliteit eThekwini
Stigting 1835
Regering
 - Tipe Metropolitaanse Munisipaliteit
 - Burgemeester James Nxumalo
Oppervlak
 - Stad 225,91 km²  (87,2 vk m)
Hoogte wissel na gelang van gebied m (0 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 595 061
 - Digtheid 2 634,02/km² (6 822,1/myl2)
 - Metropolitaans 3 499 254
Tydsone SAST (UTC+2)
Commons Durban
Webwerf: durban.gov.za

Durban (Zoeloe: eThekwini [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], vroeër Port Natal) is 'n stad in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika met ongeveer 4 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebestemming weens goeie weer en die warm Mosambiekse seestroom. Suid-Afrika se besigste hawe is by Durban wat een van die wêreld se diepste natuurlike hawens is.

Geskiedenis[wysig]

Durban se natuurlike hawe, wat deur die Zoeloes Thekwini ("Strandmeer") genoem word, is op 25 Desember 1497 deur die Portugese seevaarder Vasco da Gama besoek. Hy noem die plek Rio de Natal of "Kersfeesrivier". Later is die naam gewysig na Port Natal.

Port Natal bly drie eeue lank 'n toevlugsoord vir skipbreukeling-seemans, slawe- en ander handelaars. Die eerste blywende nedersetting word in 1823 deur Britse setlaars gestig. Die stad groei vinnig en word in 1835 ter ere van die destydse goewerneur van die Kaap, sir Benjamin D'Urban, vernoem. In 1843 verklaar die Britte die stad tot 'n kolonie. In die laat 19de eeu kom duisende Indiese landarbeiders na die besige hawe- en handelstad, en hulle nakomelinge vorm vandag die belangrike Indiese element van die plaaslike bevolking. Tydens sy verblyf in Suid-Afrika tussen 1893 en 1915 werk die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban.

Klimaat[wysig]

Durban is bekend vir sy gematigde, sonnige winterklimaat. Die stad het 'n oorvloed aan vegetasie en 'n subtropiese klimaat met sonskyn vir ten minste 320 dae per jaar. Gedurende die wintermaande van Junie, Julie en Augustus bly temperature tussen 16 °C en 25 °C en in die somer kan temperature 32 °C bereik met relatief hoë humiditeit. Durban se klimaat word deur die ewenaarstroom van die Indiese Oseaan voortgebring, wat 'n bron van warm, helderblou water is wat suidwes deur die Mosambiek-kanaal vloei. Seewatertemperature aan die kus vergelyk meer gunstig met dié van die Mediterreense gebied in die somer (gemiddeld 24 °C), maar in die winter val die kwik selde onder 19 °C — Durban is sodoende 10 °C warmer as die Mediterreense gebied in dieselfde seisoen.[2]

Weergegewens vir Durban
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
hoogste maksimum (°C) 36,2 33,9 34,8 36,0 33,8 35,7 33,8 35,9 36,9 40,0 33,5 35,9 40,0
gemiddelde maksimum (°C) 26,1 26,5 25,4 23,0 20,3 18,1 17,5 17,8 19,2 21,3 23,5 24,9 22,0
gemiddelde temperatuur (°C) 24,5 24,5 24,0 21,7 19,2 16,8 16,5 17,7 19,3 20,4 21,8 23,4 20,8
gemiddelde minimum (°C) 21,1 21,1 20,2 17,4 13,8 10,6 10,5 12,5 15,3 16,8 18,3 20,0 16,5
laagste minimum (°C) 14,0 13,3 11,6 8,6 4,9 3,5 2,6 2,6 4,5 8,3 10,3 11,8 2,6
neerslag (mm) 134 113 120 73 59 28 39 62 73 98 108 101 1 009
sonskynure (u/d) 5,9 6,3 6,5 6,9 7,2 7,5 7,4 7,0 5,8 5,5 5,5 6,1 6,5
reëndae (d) 15,2 12,9 12,6 9,2 6,8 4,5 4,9 7,1 11,0 15,1 16,0 15,0 130,3
humiditeit (%) 80 80 80 78 76 72 72 75 77 78 79 79 77,2
bron: World Meteorological Organization[3] NOAA[4]

Kultuur[wysig]

Musiek[wysig]

Rockmusiek[wysig]

Die stadshorison van Durban

Aangesien Durban 'n hoofsaaklik Engelssprekende streek is, is daar talle wit rockgroepe wat invloede vanuit die Verenigde State en Europa trek, nes vele ander groepe in die res van die land. Urban Creep was baanbrekers in die invoeging van die sogenaamde "Durban-gevoel" in hul musiek.[5] In die afgelope jare het rockgroepe hul musiek professioneel begin produseer, wat tot die voortbrenging van vele ateljeevervaardigde gehaltealbums gelei het.[5]

Infrastruktuur[wysig]

Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, Koning Shaka Internasionale Lughawe, terwyl daar ook spoorverbinding met Gauteng is. Die stad is ook verbind met Port Elizabeth en die Noordkus met die N2 nasionale pad terwyl die N3 nasionale pad hier begin en in Johannesburg eindig. Die twee nasionale paaie kruis mekaar by die "EB Cloete-wisselaar" in Westville.

Susterstede[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Durban (kategorie)
  1. 2011-sensus
  2. Climate (Webbladsy). durban.gov.za. URL besoek op 2009-12-11.
  3. World Weather Information Service - Durban”. World Meteorological Organization. URL besoek op 8 April 2014.
  4. Durban/Louis Botha Climate Normals 1961–1990”. National Oceanic and Atmospheric Administration. URL besoek op 8 April 2014.
  5. 5,0 5,1 Rock/Alternative (Webbladsy). durban.gov.za. URL besoek op 2009-12-11.

Eksterne skakels[wysig]